“ ‘n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.” (Psa 15:1-5)
Is daar unieke kenmerke wat ons as Christene behoort uit te straal? Anders gestel, moet mense kan sien dat ons Christene is sonder om ons eers te vra? Dit is vrae wat my ‘n baie lang tyd besig gehad het. Ek het orals gesoek maar nie veel uitstaande kenmerke by gelowige mense gesien nie. Die Bybel verklaar wel, soos ons kan sien van die Psalm hierbo, dat daar sulke kenmerke moet wees. Ons lees ook in Maleagi 3 die volgende: “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie”.(Mal 3:18)
Lees die res hier.