Calvinisme, en verduideliking van Kuyper, oor doop en Heilige Gees.
“Selfs die mens se sondige handelinge kan slegs gebeur met sy toestemming en met die krag wat Hy sy skepsel gee. Aangesien Hy gewillig, en nie onwillig nie, toelaat, moet alles wat gebeur – insluitend ons sondige dade en die mens se uiteindelike lot – in die een of ander sin in ooreenstemming wees met wat Hy in die ewigheid bepaal en beveel het. In verhouding met die mate waartoe dit ontken word, word God uitgesluit uit die regering van die wêreld, en het ons slegs ‘n eindige God. Natuurlik ontstaan daar sekere probleme wat ons met ons huidige kennis nie volledig kan verklaar nie. Dit is egter nie ‘n voldoende rede om dit wat deur die Skrif en die duidelike voorskrifte van die rede bevestig word, te verwerp nie.”
‘n Ander standpunt wat deur Calvyn se standpunt in die Kerkorde opgeneem is en neergepen is deur Kuyper, is die siening oor wat ‘wedergeboorte’ is. “C. Veenhof in sy boek ‘Predik het Woord’ analiseer Kuyper se doopsbeskouing, en toon duidelik aan hoedat hy die grond vir die kinderdoop sien in die ‘veronderstelde wedergeboorte’. Kuyper se siening oor ‘wedergeboorte’ is bekend. Die wedergeboorte is volgens hom die inplanting van ‘n ‘geloofskiem’, die geloofshebbelikheid of geloofsvermoë in die hart van die kind in sy vroegste bestaansoomblikke. Dit vind plaas deur ‘n direkte werking van die Heilige Gees. Hierdie ‘kiem’ kan sluimerend lê vir jare, en dan, deur die Woordverkondiging, ontkiem en as ‘geloofsgeloofsvermoë en die latere geloofswerksaamheid. Nou sê Kuyper: Die moontlikheid van so ‘n genadewerk van God in die siel van ons kind, moet by al ons kinders aangeneem word. Wanneer nou die ouers werklik in die verbond lewe, dan is dit hulle plig om elkeen van hulle kinders wat vir hulle gebore word “in de onderstelling dat het genadewerk Gods reeds in hen plaats greep, in den Naam van God Drieenig te laten doopen”.5 (A. Kuyper: E Voto lll pag. 10, 11, 12). So hoe beskryf hulle hierdie wedergeboorte? Die wedergeboorte is volgens hulle die inplanting van ‘n ‘geloofskiem’, die geloofshebbelikheid of geloofsvermoë in die hart van die kind in sy vroegste bestaansoomblikke.
Ek wil net weer herhaal wat Kuyper sê oor wedergeboorte: “Die moontlikheid van so ‘n genadewerk van God in die siel van ons kind, moet by al ons kinders aangeneem word. Wanneer nou die ouers werklik in die verbond lewe, dan is dit hulle plig om elkeen van hulle kinders wat vir hulle gebore word “in de onderstelling dat het genadewerk Gods reeds in hen plaats greep, in den Naam van God Drieenig te laten doopen”.5 (A. Kuyper: E Voto lll pag. 10, 11, 12).
Eerstekeer dat ek hoor dat die Helige Gees na verwys word as ‘n kiem. Ek dog altyd ‘n kiem is iets wat jy nie wil hê nie, want dit is hoe siektes versprei. Maar ons weet dat die Bybel verklaar dat dit die eerste werking van die Heilige Gees is, en dit is by alle mense, nie net die wat hierdie “kiem” ontvang het nie. Dit is die Helige Gees wat ons gaan lei na belydenis van ons sondes, soos beskryf deur die Apostel Johannes: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11)
So wat en wie is die Helige Gees? Hy is die Trooster waarvan Jesus praat wat ons oortuig van ons sonde, ons die pad wys wat na die saligheid lei, en die een wat ons alles gaan leer. Hy is die Een wat die Bybel vir jou gaan oopmaak sodat jy kan verstaan wie die Vader is, hoekom Jesus moes kom, en wat jou gaan lei om by ‘n punt in jou lewe uit te kom waar jy op jou knieë gaan neerval en uitroep “Wees my as armoedige sondaar genadig en red my van die dood”. HY is die een wat jou gaan oortuig van sonde. En dit is die eerste stap vir my as Christen.