Het u al ooit gewonder oor die verklaring van lewende water in die Bybel? Daar word soveel keer na water verwys en waar water aangewend word dat ‘n mens partykeer nogal kan wonder oor die gebruike van water.
Openbaring 22: “En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.”
So hier met Openbaring 22 as bron, gaan ek kyk na die water wat uit beide Openbaring se Nuwe Jerusalem en Esegiël se tempel vloei.
Die boek is maar baie klein, 9 bladsye in totaal.
Laai die PDF weergawe hier af: Verduideliking van lewende water
Of die epub kan u hier aflaai. Verduideliking van lewende water