“Wat is in die hele trou spul vir my?” Dit is ‘n vraag wat ons kan vra oor huwelike vandag, en nie sonder rede nie. So wat is die belofte van ‘n huwelik? Dit is waarna ek wil kyk vandag vir julle twee, asook die gaste hier by ons.
-
Vir die hoërskool meisie is dit haar huweliksdag, die wit rok, die pragtige bruidsmeisies, kerse, blomme, en ‘n onthaal vir vriende en familie.
-
Vir die nuut getroudes is dit beloftes wat gedeel word, intimiteit, vriendskap, en avontuur saam op die nuwe pad.
-
Vir die getroude paar wat 15 jaar saam is, is dit die kinders, kameraderie, en bou aan die verhouding.
-
Vir die wat al 35 en meer jare getroud is, is dit kyk hoe word die kleinkinders groot, die tekens van veroudering wat insluip, en alles word stadiger.
Vier fases van ‘n gesonde huwelik
Mense verander, situasie is anders, en drome word verbreek. Maar dieselfde God wat die huwelik ingestel het, sal ons help om deur die verskillende siklusse van ‘n huwelik te gaan en te bowe te kom. Die vier siklusse is:
-
Verwagtings word gekoester
-
Verbondmaking
-
Ontnugtering wanneer alles nie is soos ons gedink het dit is nie
-
Groeiende volmaak wording
Om hierdie te verstaan, moet ons in die lewe gaan kyk wat die werklike betekenis is van die huwelik om hierdie fases deur te werk.
Verwagtings
“Wat kan ek uit hierdie huwelik kry? Wat is my “payoff”? My hoop is hoog en my drome helder, maar gaan alles gebeur soos ek dit wil hê?
Kom ons kyk vlugtig na wat ons verwagtings gewoonlik is.
Die samelewing van vandag, beide sekulêr en godsdienstig, het sekere verwagtings geskep vir die huwelik.
-
Huwelik sal my behoeftes bevredig.
-
Die behoefte aan liefde en seksuele bevrediging
-
Die behoefte aan kameraadskap
-
Die behoefte aan my eie familie
-
Die behoefte vir geselskap.
-
Die behoefte aan finansiële stabiliteit
-
Die behoefte aan sosiale aanvaarding
-
Die behoefte om my eie huis te begin.
Baie van die behoeftes is niks mee verkeerd nie, maar die probleem kom in wanneer ek dit nastreef met kortsigtige motiewe.
Baie mense trou om van hulle probleme te ontsnap. Daar is baie redes daarvoor, so kan ’n dogter graag uit ’n huis kom waar daar aanhoudende gevegte is en nog baie ander redes. Ongelukkig eindig baie van die huwelike op die rotse, want die persoon verklaar dat sy of haar behoeftes nie aan voldoen is nie.
Hoekom sien mense dit nie kom nie? Ek dink dat die antwoord deel lê in die stelling wat ons partymaal huldig van:
-
Die huwelik sal hom/haar verander.
Baie persone trou met die gedagte dat as ons eers getroud is, sal hy of sy verander in die persoon wat ek hom/haar sal maak. Dit mag dalk al voor die troue kop uitsteek, of dit mag eers na die troue duidelik word dat die een die ander een wil verander. My vraag is: Is jy lief of het jy verlief geraak op die persoon soos hy/sy is, of het jy die moontlikheid gesien dat met ’n paar aanpassings die persoon die perfekte maat sal wees? Los uit en moenie krap waar dit nie juk nie. Aanvaar die persoon soos die is en moenie karring nie. Die teenoor gestelde gebeur ook.
-
Die huwelik kan so vry wees soos ons dit toelaat.
Partykeer gun ek weer soveel vryheid aan my maat, dat dit half ongemaklik is. Maar, omdat ek jou soveel vryheid gee, verwag ek dieselfde vryheid. Ek sal nie vrae vra oor waar jy was of wat jy gedoen het nie, net terwyl jy ook so sal optree.
Hierteenoor is daar natuurlik die werklike verwagtings wat ’n huwelik sal maak werk. Wat is die verwagtings?
Eerste fase – Verwagtingsfase
-
‘n Huwelik sal my bemagtig om die ander persoon se behoeftes bevredig.
Solank as wat ek probeer om my eie probleme oplossings voor te kry, sal ek probleme met die standpunt hê. In ‘n huwelik is dit nie ek nie, maar ons.
-
Die huwelik sal ons verander ten beste.
Ons sal geestelik moet groei in ons verhoudings. Hoe belowe ons? “Ek sal jou bystaan in goeie en slegte tye en jou help om jou drome te bewaarheid. Ek sal jou altyd beskerm en bemin tot die dood ons skei.” Hierdie verklaring beteken dat ek jou belange bo myne plaas. Hierdie nabyheid en verantwoordelikheid van ’n huwelik gee ons die perfekte geleentheid om ons te leer wat ware liefde beteken.
Die huwelik stel ons bloot aan risiko, onselfsugtige toewyding en trou. Om dit te doen vereis liefde, lojaliteit en seën. Dit beteken ongelooflike persoonlike groei. Julle sal moet leer hoe en wanneer om jou persoonlike belange agter toe te skuif ter wille van die rykdom wat julle sal beleef wanneer ons werklik die ander persoon se belange en behoeftes bevredig. Hier praat ek van werklike behoeftes en nie van selfsugtige behoeftes nie.
Soos julle leer om die manier lief te hê, sal julle ’n venster word om vir ander te wys wat liefde is. Vriende, kinders en die uitgebreide familie word die kans gegun om hierdie ware liefde, eerlikheid, werklike self aflegging, geduld en tere verstaanbaarheid te beskou. Mense sal nie die tipiese manipulasie of wraaksugtige eenheid sien wat ons in so baie huwelike vandag sien nie. Hulle sal eerder opregte omgee en vriendskap sien.
Hierdie tipe liefde fokus nie op my huweliksmaat se foute en tekortkominge nie, maar op my eie motiewe en aksies. Dit gee ons egter ook nie die toestemming om te verklaar dat indien ek niks verwag dat jy ook niks mag verwag nie.
-
Die huwelik sal ons onder ’n gemene gees van liefde plaas.
Dit is duidelik dat wanneer ’n man en vrou trou dat hulle een word. Die beherende faktor in hierdie eenheid is die gemeenskaplike trou om na mekaar se belange om te sien, vir solank hulle lewe.
Wanneer ons na die oorspronklike Griekse woord vir liefde kyk, word dieselfde woord gebruik vir liefdadigheid. So vind ons in die KJV in 1 Kor. 13, dat die gedeelte dit nie as liefde uitspreek nie, maar as liefdadigheid. Wanneer ons liefdadigheids werk doen, doen ons dit verniet, gratis, gewoonlik sonder dat die persoon daarvoor vra of dit verdien. Dit is hoe ek in die huwelik moet optree. Ek moet my huweliksmaat bedien met die beste van my gawes, sonder dat die persoon dit verdien of daarvoor vra. Dit is liefde.
Hierdie trou sweer tot liefde beteken dat ek altyd op die uitkyk sal wees hoe om die beste van my maat na vore te bring. Maar dit gaan ook beteken dat ek met my eie foute sal moet deel. Nadat ek met my self gedeel het, sal ek ook sensitiewe maniere vind om my maat by te staan om die se foute en tekortkominge te oorwin. Dit gaan ook beteken dat ek dalk harde woorde sal moet hoor, maar partymaal is dit “love must be tough”.
Liefde gee ons nie die toestemming om te neul of om die ander persoon bitsig te kritiseer nie. Met liefde kom die verantwoordelikheid om altyd net die beste uit my huweliksmaat te voorskyn te laat kom, eerder as die slegste. Liefde sal ons nie laat verval in immoraliteit of om die dekonstuktiewe gewoontes van my maat toe te laat nie. Onthou net altyd, liefde kan soms seer maak.
Hierdie verwagtings vorm die basis vir ons verbond met mekaar.
Die tweede fase van ’n goeie huwelik is om te verstaan wat ’n verbond beteken.
Wanneer julle nou-nou julle beloftes aan mekaar gaan maak voor die familie en vriende, dat julle mekaar altyd sal liefhê, vertrou, koester en bemin tot die dood julle skei en dan die huweliksregister te teken, begin hierdie verbond en vervat dit al die faktore wat ‘’n verbond bevat.
Hierdie deel van beloftes aan mekaar, verwag ook die moeilike tye in die huwelik wanneer ons meer kry as wat ons verwag het. Die verbond verwag daardie ondervindings in die getroude lewe, met sy onverwagte draaie, wanneer dinge te veel raak, wanneer dit my so absorbeer en meer uit my haal as wat ek ooit verwag het. Die woorde van in siekte, in gevaar, in armoede, gebeur en wanneer hulle gebeur moet ek voorbereid wees daarop. Dan moet jy kan terugval op die beloftes wat julle aan mekaar gemaak het. Daar is nie ’n manier om daaruit te kom nie. Dit is gedoen, dit is finaal. Julle neem die persone hier teenwoordig as getuies en gee hulle toestemming vandag hier dat hulle julle aan jul beloftes kan herinner wanneer dinge skeef loop. Om te verstaan wat die beloftes beteken sal julle oor en oor help soos julle ervaar wat ’n huwelik is.
Eerste kenmerk – ’n Lewenslange toewyding
Wanneer julle sê “Ek sal” beloof julle aan mekaar voor almal hier vandag dat julle bymekaar sal bly totdat die dood julle skei. Hierdie belofte is die woordelike erkenning van hierdie lewenslange toewyding wat gemaak word in die hart en die verstand. Die ryke volheid van die belofte van die huwelik is vervat in die konsep. Wanneer ons sê “ van vandag vorentoe”, beteken dit ’n leeftyd. Hierdie belofte word gemaak om nooit verbreek te word nie.
Nou mag u dalk wonder: “Hoe beperkend is dit?” Dit is so dat dit beperkend is, maar dit stel ons ook vry om te weet dat ons binne die beperking kan doen en leef. Nou kan ons konsentreer op die taak vorentoe om ons verhouding uit te bou, om ons verhouding te verbeter in liefde. Hierdie belofte sal ons dra in tye wanneer ons dalk ’n ernstige siekbed ervaar, deur werksdruk, deur probleme met tieners, deur ernstige stres wat die huwelik mag aanval. Dit is so kompleks en tog so eenvoudig. Ek het ‘’n belofte gedoen en ek staan daarby. Ek is ’n persoon van my woord. Ek is in die verbond vir ewig en altyd.
Tweede kenmerk – ’n Gedeelde identiteit
In die vervulling van die huweliksverbond word twee een. Die man leef nie langer vir homself en die vrou nie langer net vir haarself nie. Nee, julle leef vir mekaar. ’n Nuwe eenheid, ’n nuwe diversiteit, ’n nuwe familie is gebore. Albei bly tog verskillende persone.
Toe julle hier ingestap het vandag was julle man en vrou apart, maar wanneer julle hier uitstap sal julle as een uitgaan, ’n gedeelde identiteit. Verskillende agtergronde, families, opvoedings, verskillende gewoontes en self verskillende letsels van die verlede, maar nou in hierdie huweliksverbond is julle een. Dit beteken julle is een selfs
-
Wanneer hy in New York op besigheid is en jy by die huis is
-
Wanneer jy deur die eerste trimester van ’n moeilike swangerskap sukkel
-
Wanner hy vertel dat sy pos uitgefaseer word en jy ’n bevordering kry
-
Wanneer sy op haar oudag sukkel met MS, of julle dalk die woorde hoor, dit is kanker
-
Wanneer jul jongste ook in die gang afstap op haar troudag
Julle bly een. Julle het nou ’n gedeelde identiteit.
Derde kenmerk – ’n Eksklusiewe verhouding
Die verbondsvennootskap wat ontstaan wanneer julle mekaar se beloftes beantwoord vra vir totaal getrouheid. Man en vrou moet mekaar uitsluitlik liefhê en koester. Die man moet getrou wees aan die vrou en die vrou aan die man. Geen uitsluitsels nie.
Al leef ons in ’n baie meer oop samelewing vandag waar baie goed verander, hierdie huwelik is net tussen julle twee uitsluitlik. Geen derdepartye word toegelaat nie.
“Ek beloof om aan jou getrou te wees”. Dit is hoe ons mekaar moet liefhê. Die liefde is nie onderhewig aan my geluk of met eksterne tekens van sukses nie. Waar sal ons vir die wêreld liefde kan wys as ons dit nie meet ons naaste naaste, ons huweliksmaat, bewys. Dit is minstens die een wat jy gekies het uit al die miljoene mense op die aarde om mee saam te leef vir die res van jou lewe. Dit is jou oogappel.
Van die oomblik af vorentoe, moet julle getrou wees aan mekaar. Dit is die verwagting van die huwelik. As julle dit doen, sal julle die volle vreugde van die huwelik ervaar, omdat
-
Jou liefde op jou maat gekonsentreer word
-
Jy lojaal sal wees aan jou maat selfs in die klein dinge
-
Jy nie flirtasies sal begin of aanmoedig nie
-
Jy van versoekings sal wegvlug.
O ja, onthou net julle sal getoets word. Van binne jouself en van die wêreld daar buite sal dinge gebeur wat jou graag sal wil laat vergeet aan jou beloftes. Maar die huwelik is gebou op ’n verbondsgrondslag, op die integriteit van jou woord en hou dit so totdat julle geroep word om huis toe te gaan aan die einde van julle lewens.
Slegs deur getrou te wees aan ons woord, sal ons die volgende fase van die huwelik kan oorleef.
Derde fase: Ontnugteringsfase
Die nabyheid van die huwelik
Hierdie intimiditeit en gedeelte identiteit van die getroude paar kan ook ontnugterend wees. Met die nabyheid word ons harte ook ontbloot. Dit is nie soos besigheids of werks verhoudings waar die rolle gedefinieer is en ons weet daar is afstand tussen ons nie, maar ons verkeer nou in ‘n eenheid. Julle ken mekaar so goed nou, want julle deel in die plesier van seks, die stadia van verwagtend wees, in die geboorte van jul kinders, die opgewondenheid van ‘n nuwe huis te koop, van promosie by die werk, ens. Julle werk deur hoeveel vraagstukke van kinders groot maak, finansiële vraagstukke en gesondheid vraagstukke saam. Julle ken mekaar so goed dat die een die ander se gedagtes ken en weet hoe die ander een voel sonder om te vra.
Maar hierdie nabyheid het ook ‘n donker kant. Nou ken ons mekaar so goed dat ons ook die slegte in elkeen ken, en dit is waar die vonke begin spat. Sy weet watter woorde maak hom kwaad, en hy weet wat om te doen om haar die hoenders in te maak. Hy weet dat as hy hierdie koop sy gaan slange vang, maar hy koop dit in elk geval.
Binne hierdie intimiditeit wys ons baie keer ons selfsugtigheid, ons ongeduldigheid, onsensitiwiteit, ons woede. Ons sê mekaar sleg, ons verwond mekaar met ons woorde, ons straf mekaar. Dit is alles as gevolg van die nabyheid in die verhouding. Ons ontbloot onsself vir onsself. Dan voel ons dat ons verwagtiginge nie aan voldoen word nie. Ons voel ons is verraai. Ons het mekaar dan so vertrou. Maar nou het ons onsself ontbloot, en ons hou nie daarvan nie.
Meeste van die gebeur a.g.v. verkeerde redes vir ons huwelik.
Verkeerde redes sluit in:
-
Om weg te kom van ‘n slegte verhouding by die huis.
-
Om van n verslawing weg te kom
-
Om van ‘n dominerende ouer weg te kom
-
Om aanvaarding te kry
-
Om my beroep te bevorder
-
Om van ongesonde seksuele gewoontes van los te kom
Hierdie onderliggende motiewe gaan hulle kop uitsteek, en dit lei gewoonlik tot die
Destruktiewe optredes in ‘n huwelik
Hierdie optredes sluit gewoonlik in:
-
Aanhoudende kritiek
-
Woede
-
Self gesentreerde optrede
-
Irriterende optredes
-
Emosionele leuens
Hierdie destruktiewe gedrag vind in elke huwelik plaas. Dis onvermybaar. Om te verklaar dat dit nooit sal gebeur nie is om die waarheid te vermy. Hoe ons optree onder sulke omstandighede is die mees belangrike faktor.
Vierde fase: Groeiende volmaakwording of Hoe kry ons dan vervulling in die huwelik?
Deur eenheid.
As man en vrou kan julle een wees maar tog verloor julle nie jul identiteit nie. Jy behou jou uniekheid en jy bly die persoon wat jy voor gemaak is. Die vrou het gewoonlik meer gawes as die man, en party nog beter besigheids sin. Jy as haar man moenie jaloers wees op haar nie, ook nie op haar gawes nie. Jy moet dit ook nie ontken nie. Moenie probeer om haar iets te maak wat sy nie is nie. Hierdie interafhanklikheid kom nie maklik vandag nie, met skeisake wat amper ‘n epidemie in ons land geword het.
Hierdie interafhanklikheid het ook implikasies op die seksuele vlak. Wanneer julle trou, is dit ook reg dat julle ’n verwagting het dat julle van mekaar volle bevrediging sal verkry. Wanneer een besluit om te onthou vir ‘’n tyd, moet julle saamstem en dit so kort as moontlik hou, sodat julle opmekaar kan vertrou ook daarvoor.
Aksies van liefde volgens 1 Kor 13 is as volg:
Liefde is beide ’n motief en ’n aksie. Verse 6 tot 8 vertel ons wat liefde is. Luister aandagtig en vervang die woord liefde met jou naam en sien wat dit beteken.
Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer.
Dit is hoe ons moet optree.
Wanneer ons vir 20, 40 of selfs 50 jaar getroud is sonder dat die een die ander verwoes het, ervaar ons hierdie geluk en het ons oor die jare geleer om hierdie verskille wat daar is, te hanteer en te bowe te kom. Ons is nie getroud om getroud te wees nie, maar ons ervaar die volheid wat so ’n verhouding meebring. Ons het bymekaar gebly omdat ons geleer het om te praat, geskille te besleg en kompromie uitgewerk.
Mag dit ook so in julle huwelik wees dat julle oor 50 jaar kan terug kyk na ’n vol lewe saam met mekaar.
Amen.
Anthony en Veronica, ons HERE van liefde het die huwelik ingestel as ‘n simbool van Jesus se perfekte verhouding met Sy bruid, die Kerk. Ons het bymekaar gekom om julle as een voor Hom te stel. Anthony, God het die man as geestelike hoof, en as die inisieërder van liefde in die menslike verhouding gestel. Deur Sy toedoen, moet jou sterkte Veronica se beskerming wees, jou karakter haar trots en eer, en moet jy so lewe dat sy in jou die veilige hawe vind wat ‘n vrou werklik begeer.
Veronica, dit is God se doel dat jy ‘n liefdevolle vrou sal wees, dat jy Anthony se liefde sal beantwoord met teerheid en ‘n diepe gewaar wording, deur die geloof in Jesuswat julle twee bymekaar gebring het. Dit is Sy begeerte dat jy ‘n innerlike skoonheid sal hê wat nooit sal verdof nie, ‘n ewige jeug wat spruit uit ‘n vashou aan dit wat nooit verouder nie.
Anthony en Veronica, ‘n Christelike huwelik is nie net om vir mekaar te lewe nie. Dit is twee persone wat hande neem en saam die Vader dien. Soek eers Sy koningkryk en Sy geregtigheid, en Hy sal alles vir julle byvoeg. Moenie volmaaktheid van mekaar verwag nie, volmaaktheid behoort slegs aan die HERE. Moenie mekaar se tekorte verbloem nie, maar wees altyd vinnig om die ander party te loof en die ander persoon se goeie punte en sterk punte uit te lig en vinnig om te vergeef. Sien mekaar altyd met teer en liefdevolle oë raak.
Die HERE sal julle altyd op paaie neem wat julle sal seën en julle karakter ontwikkel soos julle saam die lewenspad loop. Wanneer die lewe einde se kant toe staan, mag julle nog steeds gevind word soos vandag, hand in hand, en nog steeds die HERE dank vir jou lewensmaat. Mag julle Hom dien, gelukkig en vol geloof wees totdat Hy in glorie sal terugkom, of totdat julle julle lewe neerlê in Sy arms. Ons vra dit alles in die naam van Jesus ons HERE.
Beloftes
Anthony en Veronica, julle staan voor ons as kinders van God, vrygekoop deur die bloed van Jesus. Is dit julle doel om julle huishouding as ‘n Jesus gesentreerde huis te bou, waar die Woord van God gelees en gehoorsaam word, ‘n huis saamgevoeg in gebed waar die Heilige Gees julle leiding elke dag is, en begeer julle om met die seën van die HERE in die eg verbind te word?
Bruidegom en Bruid. Ja
As ‘n teken dat julle harte verenig is in liefde, gee mekaar die regterhande.
(Die ringe kan nou gebring word)
Anthony, hierdie vrou wie se hand jy vashou gaan jou vrou word. Sy het jou een van die heilgste dinge gegee onder die hemel: ‘n vrou se liefde en ‘n vrou se lewe. Jy kan die oorsaak wees van groot vreugde of groot verdriet. Dit maak nie saak wat jy haar in ‘n materialiese wyse bring nie, rykdom sonder liefde is niks werd nie. Die geskenk sonder die gewer beteken niks. Die uitleef van dit wat haar na jou toe getrek het as minnaar, sal haar hart aan joune vasbind. Beloof jy hier dat jy soos jy vir Veronica belowe het, dat jy altyd by haar sal bly.
Bruidegom – Ja ek sal.
Veronica, hierdie man wie se hand jy vashou gaan jou man word. Hy sal op jou lewe, jou liefde en toegewydheid en inspirasie kan staatmaak. Hy gaan na jou kyk vir inspirasie, vir opgewektheid, en vir vertroue. Nieteenstaande wat die wereld van hom mag sê of dink, mense mag hom vergeet, vertroue in hom verloor, hulle rug op hom draai, maar jy mag nie. Mag jou lewe en jou liefde vir hom ‘n inspirasie wees wat hom sal lei na ‘n groter afhanklikheid op Jesus. Beloof jy hier soos jy aan Anthony beloof het dat jy altyd by hom sal bly.
Bruid – Ja ek sal.
Anthony, verklaar jy dat sover jy weet daar regtens geen beletsel is nie teen jou voorgenome huwelik met die bruid, Veronica, hier teenwoordig en dat jy almal hier teenwoordig roep om getuie te wees dat jy Veronica tot jou wettige vrou neem?
Bruidegom – Ja.
Veronica, verklaar jy dat sover jy weet daar regtens geen beletsel is nie teen jou voorgenome huwelik met die bruidegom, Anthony, hier teenwoordig en dat jy almal hier teenwoordig roep om getuie te wees dat jy Anthony tot jou wettige man neem?
Bruid – Ja.
Ek verklaar dat Anthony en Veronica hier teenwoordig regtens getroud is.
Jy mag nou die bruid soen.
Gebed
Laat ons saam bid. Ons dank U hemelse Vader, vir hierdie huishoudig wat nou in wording geroep word, en ons vra U seën op Anthony en Veronica al die dae van hulle lewe. Soos hulle nou in eenheid saam is, dat hulle ook so U naam mag grootmaak. Dat u hulle diens aanvaarbaar sal vind, en dat hulle lewe saam die waarheid van U woord, die eenheid tussen Jesus en Sy Kerk, mag weerspieël. Seën hulle ook in hierdie verband, en ons vra dit in die Naam van die Koning van alle konings, en die HERE van alle HERE, Jesus ons verlosser en saligmaker. Amen.
Ek stel u nou voor aan Mnr. Anthony, en Mev. Veronica Betts, die bruid en bruidegom.