Ek het die boek in drie dele opgedeel, met die eerste gedeelte wat vir ons wys wat die tog uit Egipte vir ons en ons teologie beteken, die tweede gedeelte hoe ek as oorwinnaar gaan lewe, en dan die derde gedeelte wat die hoofonderwerp van ons geloof, die verbond, in detail bespreek, hoe Jesus dit kom vervul het, en wat dit alles vir ons vandag inhou. Dit gaan kyk na wat elke stap beteken, en waar daar gate in die teologieë van sovele kerkgroepe beteken. Daarom dat die susterskerke aanvoer dat jy moet die drie formelure van eenheid moet aanhang, want hulle het hulle teologie geneem en dan die Bybel geneem om hulle teologie mee te bevestig. Ek het die ander manier gebruik om eers te kyk wat die Bybel verklaar en dan ‘n teologie daarvolgens ontwikkel. So kan enige persoon deur slegs die voorbeeld wat Israel vir ons gestel het, elke vraag oor watter onderwerp ookal, uit die Bybel beantwoord sonder om na buite Bybelse geloofbeskrywings op mense af te dwing nie.
Ek wil dit graag hier stel dat Jesus ook van die metode gebruik gemaak het wanneer Hy met mense gepraat het. So sien ons dat wanneer Hy praat met mense Hy altyd die Ou testament uitlê en sê :
“(Luk 16:29) Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.(Luk 16:31) Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan. Geeneen van die Kerkvaders van die tyd het na die Ou Testament verwys en daarop hulle eie teologie gebou nie. Hulle was slu genoeg om net die oorlewering van mense te verkondig.
U kan die pdf weergawe vir u rekenaar hier aflaai
Of die epub weergawe vir u foon of tablet hier aflaai
Inhoudsopgawe
Deel 1 – Inleiding – Hoe kom ek in Kanaän, dit wat die HERE vir my in gadagte het? 9
Kanaän gedefinieër 11
Hoe het dit gebeur dat Kanaän aan Israel belowe is, en hoekom is spesifiek Israel deur die Here gekies? 12
So wat is die probleem? 16
Verbond van geregtigheid 18
Wat moet ek afsterf? 21
Verbond 25
Geloof 28
Nagmaal 33
Doping in die Heilige Gees 37
Genesing 39
Alleen in die woestyn 41
Praat die Here nog met my? 44
Die Tabernakel. 49
Deel 2 – Wat is, en hoe lyk die oorwinnaarslewe van die Bybel? 52
Hoe lyk ‘n oorwinnaar? 56
Wat is die prys wat ons as oorwinnaars sal ontvang? 65
Deel 3 – ‘n Nuwe teologie bring ek vir julle, die van ‘n Nuwe Verbond 70
Watter stappe volg dan na die verbond? 79
Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Israel 84
Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Calvinisme 86
Gevolge van die verbond van geregtigheid vir Dispensasionelisme 88
Gevolge van die verbond van geregtigheid op die Wegraping leerstelling 90
Slotsom 97
Aanhangsel A – Jode – Nasie of Kerkgroep? 98