JODE – NASIE OF KERKGROEP?

Ek wil graag na die Joodse geloof van vandag kyk, en vir u as leser probeer wys dat die Jode van die Bybel nie n nasie is soos vandag deur meeste mense verstaan word nie, maar in werklikheid, as die eerste Kerk gesien moet word.

Waarvan praat ek nou? Dat die Joodse geloof en mense in die Ou Verbond voor Jesus se koms, nie as n nasie gesien moet word nie, maar dat deur al die eeue heen van voor Moses se dae af as Kerk van die HERE gesien word. Dit sal ook dan vir ons duidelik word dat die geveg wat deur sovele mense geveg word dat wanneer iemand praat van die Kerk versus die Joodse geloof, ons van vervangingsteologie praat, van alle waarheid gestroop word aangesien die Jode en Israel van die Ou Testament as die eerste Kerk gesien moet word. Dit is hoe die Bybel dit gestel het, en dit is hoe die mense van die Ou Testament dit gesien het.

Kom ons begin by die begin van die KERK. En dit begin met Abraham. Die HERE begin met Abram (Abraham) praat lank voor die verbond wat Hy met hom sluit. En Abram luister elke keer en doen wat die HERE vir hom sê om te doen. So wat leer ons hieruit? Daar is twee faktore wat n massiewe rol speel. Eerstens glo Abram die HERE en dan is hy gehoorsaam. Dit is die kenmerke van mense wat in die Kerk van die HERE hoort. Ons moet geloof he en glo wat Hy vir ons se, en moet ons gehoorsaam wees en doen wat Hy verwag. Dit val saam met Hebreers 6 vers 1: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,. So Abram le sy eie lewe neer, bekering, en dan glo hy die HERE, geloof, die tweede kenmerk.

Lees die res hier: Jode nasie

Verder is daar 2 videos op YouTube by: https://www.youtube.com/playlist?list=PL4uenUs3Ksei_P6drW1sBKX4-bQ3WhEGY