Op ‘n Drafstap deur Romeine

Die brief word aan die Roomse kerke gestuur om te verduidelik wat die doel van Paulus se besoek aan Rome gaan wees wanneer hy eendag daar sal uitkom. Hy was toe nog nooit in Rome voorheen nie, en skryf hy aan die hoofde van die Kerk in Rome wat sy doel gaan wees tydens sy besoek, en wat hulle kan verwag van sy prediking. Hy is bewus dat daar Jode is wat in die sinagoge, en selfs meer as een sinagoge bymekaar kom, maar hy skryf om vir hulle te wys dat die boodskap wat hy wil bring, nie net vir die Jode is nie, maar vir alle mense. Ons vind die laaste hoofstuk van Romeine, al die persone wat toe alreeds van Paulus geweet het, of selfs onderig by hom gekry het. Nou skryf hy dat Roomse burgers ook deur sy teologie kan deel in hierdie glorieryke koninkryk wat wag vir almal wat glo dat Jesus die Christus is vir alle mense, Jood sowel as Romein. So hy vra hier dat al die lesers ‘n kop skuif moet maak om die evangelie van Jesus in sy volle glorie te ervaar. Daar was toe alreeds Christene wat die verlossingsboodskap van Jesus aan die Jode in die sinagoges gebring het, en van die Jode het die boodskap ook aanvaar, saam met Roomse burgers wat ook in die verlossingswerk van Jesus geglo het. Maar, daar was struweling tussen die mense omdat party gedink het hulle is beter as die ander. So nou kan Paulus sy redenasie vir hulle bekend kom maak, sodat hulle kan weet wat die boodskap van Christus behels, en begin hy by die eerste beginsels soos ook opgeteken is in Hebreërs 6 verse 1 en 2. Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.” (Heb 6:1-2) So wanneer ons die boek lees sal ons uitvind dat Paulus die eerste vier beginsels in volgorde gebruik, om die evangelie te verkondig. Die mense wat die boodskap gebring het was heel moontlik van die wat uit Jerusalem gevlug het voor dit verwoes is.

Laai in PDF formaat af hier Op ‘n drafstap deur Romeine

En in epub vir u slimfoon hier Op ‘n drafstap deur Romeine