Jesaja

Ons almal ken gedeeltes van die boek baie goed. Daar is gedeeltes wat ons altyd met Kersfees lees en gedeeltes wat met Nagmaal gelees word en dan is daar ook gedeeltes wat gelees word wanneer ’n nuwe dominee of pastoor in ’n gemeente bevestig word. Maar wat van die res van die boek?

Ek wil hier heel aan die begin ‘n gedeelte aanhaal uit 1 Korintiërs 10, waar Paulus vir die gemeente in Korinte skryf waaroor die Ou Verbond en Israel se geskiedenis so volledig vir ons opgeteken is. Hy wil dat hulle, en dus ons, moet let op hoe die HERE teen Israel opgetree het, en ons dit as ‘n riglyn sal gebruik in ons lewe vandag. “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê: die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy? ” (1 Kor 10:1-22)

So ons kan vandag elke vraagstuk wat ons het, gaan naspeur oor hoe die HERE dit met Israel verwerk het, en dan weet ons hoe Hy teenoor ons gaan optree. Hoekom kan ons seker wees dat Hy dieselfde gaan optree? “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie. (Heb 13:7-9)

So dit leer ons dat die HERE nie anders teenoor ons gaan optree nie, en dat ons kan kyk na ons voorgangers in die geloof, mense soos Moses, Dawid en al die profete, en dan sal ons daaruit kan leer hoe Hy vandag teenoor ons gaan optree. Ek wil net hier in die begin noem dat indien jy glo dat Israel fisies nog weer tot bekering moet kom voor die einde van die eindtyd, so jy glo in futurisme en die wegraping, jy nie veel gaan baat vind by wat ek hier skryf nie. Die groot rede is dat jy alreeds ‘n leuen glo, en indien jy ‘n leuen glo, dit half onmoontlik is om jou te oortuig van iets anders, want dan gaan jy sit met wat genoem word, geestelike of kognitiewe dissonansie. Kognitiewe dissonansie is wanneer gelowiges in die kerk hulle op sogenaamde “objektiewe kennis” van norme (in die Bybel en in die kerklike tradisie) beroep, maar die realiteite van die lewe bots met hierdie afgeleide rasionele norme. Hierdie verskynsel kan besonder kompleks van aard wees. Dit is omdat mense hulle in kommunikatiewe interaksie met ander mense binne dieselfde sosiale kontekste bevind. Hierdie interaksie word insingewend wanneer die kennisname van mekaar gegrond word in ’n dinamiek wat mense laat saam voel of van mekaar wegstoot.

Soos genoem indien jy glo dat fisiese Israel herstel moet word, stel ek voor dat jy eers my boek oor die verbond van geregtigheid lees voordat jy hier aangaan om te sien hoekom ek so kan sê, en dalk ook op my bediening se webtuiste kyk na my skrywe oor die verskil tussen Israel en Kerk. Ek kan net noem dat die woord wat gebruik word in die oorspronklike Hebreeus in Eksodus 12 vers 47 vir vergadering “Die hele vergadering van Israel moet dit hou.”, as volg deur Strongs gedefinieër word:

The KJV translates Strong’s H5712 in the following manner:

congregation (124x), company (13x), assembly (9x), multitude (1x), people (1x), swarm (1x).”

Wanneer ons na die King James Version kyk sien ons dat daar na Israel as gemeente meer as 350 keer verwys word in die Ou Verbond. Dit maak ook die deur oop vir ons as heidene om deel te word van die verbond wat die HERE met Israel as gemeente gesluit het, waar Hy vir Moses sê: “Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte. Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.” (Deu 7:7-10)

So soos ons hier kan sien behoort die woord eintlik as gemeente vertaal te word, wat daarop wys dat Israel as gemeente die HERE gedien het, en nie as volk nie. Hierdie is die eerste keer in my lewe as skrywer wat ek nodig gehad het om na die oorspronklike teks te verwys aangesien dit nie 100% reg vertaal is in die Ou Vertaling nie. Die woord volk word nêrens gebruik nie, so dit kan dus nie aan Israel as volk gerig wees nie.

So ek verkondig nie vervangingsteologie soos mense dit noem nie, maar dat Israel as Kerk onder die Ou Verbond bekend was, en ons as Kerk in die Nuwe Verbond lewe. So ons is net ‘n voortsetting van die Kerk van die Ou Verbond, aangesien Jesus klaar gekom het en as volledige offer aanvaar is in die Hemelse Tabernakel by die Vader.

PDF Formaat Jesaja

Epub formaat Jesaja

Inhoud van die boek

Inhoud
Jesaja se verklaring van die Kerk in die tyd van die Nuwe Verbond 7
Inleiding 7
Hoofstuk Een 11
My verstaan van liefde volgens die Bybel 14
Altyd twee om aan te dink. 15
Die Bybel as riglyn 15
Jesus se maatstaf 17
Hoofstuk Twee 21
Die paradys, en hoe lyk dit volgens die profete? 21
Assirië en die Kerk in Assirië. 22
“The Worship of Semiramis 22
Mother and Son Worship 22
Mother Worship 23
Hoe word ek deel van die verbond? 25
1. Besnydenis 25
2. Brood 26
3. Lam slag 26
4. Bloed van die Lam 27
5. Waar was die wet? 27
6. Op wie was dit van toepassing? 27
Egipte en die Kerk in Egipte. 28
Edom en die Kerk in Edom. 29
Ammon en die Kerk van Ammon. 30
Moab en die Moabietiese kerk. 31
Filistynse Kerk. 31
Die Kerk in Jerusalem 32
Die gebied Babel 32
Hulle is vol van wat die ooste aanbied. 34
Joga 34
Nou kom ons by alternatiewe medisyne. 35
Akupunktuur 36
Nou gaan Jesaja aan met wat verder fout is in die Kerk. 36
Hoogmoed 37
Hoofstuk Drie. 39
Verwyder alle steunpilare 39
Om “COOL” te wees 40
Hoofstuk Vier. 44
Wie is ‘n sieraad vir die HERE? 44
Hoofstuk Vyf. 45
Die wingerd van die HERE 45
Hoofstuk Ses. 49
Jesaja se gesig van die HERE en sy roeping 49
Hoofstuk Sewe. 51
Ongeloof 51
Hoofstuk Agt. 53
Valse leerstellings 54
Voorvader aanbidding 54
Hoofstuk Nege. 56
Die koms van Jesus en Sy Koninkryk 56
Die oordeel begin 56
Vals profete, wat moet ons doen? 57
Die voorspoed teoloë 58
Hoofstuk Tien. 60
Oordele oor die ware Kerk 60
Oordele oor Assur – Rooms Katolieke Kerk 61
Oordele vervolg: Terug na Israel as Kerk 63
Hoofstuk Elf 64
Aankondiging van Jesus en Sy ryk 64
Hoofstuk Twaalf 65
Wat sal ons as Sy kinders se Psalm wees 65
Hoostuk Dertien 66
Oordeel oor Babel – die goddeloses 66
Hoofstuk Veertien 68
Ons as deel van Israel 68
Die oordeel oor Israel van vandag 68
Wat van die Jode? Wat word hulle geleer en hoekom het hulle reeds hulle geleentheid gehad? 69
Verdere oordeel oor Babel en Babel se hoof, die satan 75
Nou eers weer ‘n paar woorde oor die Roomse Kerk. 75
Oordeel oor Filistea 76
Hoofstuk Vyftien 77
Oor Moab – Die “Ek en My kerk” gelowiges 77
Hoofstuk Sestien 78
Verdere oordele oor Moab – Die “Ek en My kerk” gelowiges 78
Hoofstuk Sewentien 80
Damaskus – Die afvallige Kerk 80
Hoofstuk Agtien 82
Egiptiese Christene 82
Hoofstuk Negentien 83
Die oordeel oor Egipte vervolg 83
Hoofstuk Twintig 85
Wat gebeur as ek terug draai en weer na Egipte gaan nadat ek daaruit getrek het? 85
Hoofstuk Een en twintig 87
Oordeel oor die goddeloses 87
Jesaja Twee en twintig 89
Oordeel oor Jerusalem 89
Bybelse sukses word dan gedefinieer volgens hoeveel godsaligheid ons bereik tydens ons lewe hier op aarde. 91
Godsaligheid 91
Die deugde 93
Hoofstuk Drie en twintig 97
Oordeel oor Tirus en Sidon – Die voorspoed (name it, claim it and frame it) leerstellings gemeentes 97
Filistynse Kerk. 97
Kom ons kyk na wat die ander profete oor die groep ook profeteer 98
Hoofstuk Vier en twintig 101
Die einde van hierdie aarde – Die sesde seël in Openbaring en Matteus 24: 29-31 101
Die wederkoms soos verklaar deur Jesus in Mattheus 24 101
Die wederkoms soos gesien deur Johannes in Openbaring 103
Hoofstuk Vyf en twintig 107
Die dood word vernietig 107
Die laaste basuin 107
Hoofstuk Ses en twintig 109
Opstanding van die dooies 109
Hoofstuk Sewe en twintig 111
Die herstel van die HERE se volk 111
Hoofstuk Agt en twintig 113
Oordeel oor die wat Jesus verwerp het toe Hy aarde toe gekom het – Die huidige Joodse geloof asook die van die Ou Verbond wat nogsteeds nie Jesus as Messias wil erken nie. 113
Die Hoeksteen van die HERE 114
Hoofstuk Nege en twintig 117
Oordeel en herstel vir die HERE se kinders 117
Hoofstuk Dertig 119
Oproep om nie terug te gaan na jou vorige sondige lewe in Egipte nie 119
Wat met die wat rebelleer teen die teruggaan na Egipte sal gebeur 119
Die wat wag op die genade van die HERE se uitkoms 121
Hoostuk Een en dertig 123
Verdere oordeel oor die wat terug na Egipte wou gaan 123
Hoofstuk Twee en dertig 124
Jesus sal in Geregtigheid heers 124
Oordele oor die verleiers 126
Uitstorting van die Heilige Gees op alle gelowiges 127
Jesaja Drie en dertig 131
Die ongelowiges word geoordeel 131
Leraar of leuenaar? 132
Wie sal in Jerusalem by Jesus kan woon? 134
Hoofstuk Vier en dertig 136
Oordeel oor al die verskillende tipes Christene 136
Hoofstuk Vyf en dertig 138
Die uitgesoektes sal erf wat vir hulle bestem is 138