Die Paradys en wie gaan almal daar wees.

Die HERE beveel hier dat indien ek en jy ons wil voeg by Sy volk en dus wil deel in die Paradys, moet ons deel van die verbond word, en sal ons Sy kinders wees. Soos Moses dit stel hier sal daar geen onderskeid tussen iemand wees nie. Die enigste verskil is of ons deel is van Sy verbondsvolk of nie. En dit is nie meer die ou verbond waar besnyding met die hande gedoen word nie, maar wel die nuwe verbond, waar ons harte besny word. Dit is hoe Paulus dit stel: “Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.” (Efs 2:11-22)

Die Paradys In epub formaat vir slimfone en tablet rekenaars

Die Paradys in pdf formaat vir rekenaars

Inhoudsopgawe 3
3
WAAR PAS EK IN AS CHRISTEN BINNE DIE ISRAELITIESE STAMME? 6
RUBEN 8
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 8
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 9
SIMEON 9
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 9
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 10
LEVI 10
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 10
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 10
JUDA 11
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 11
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 11
SEBULON 12
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 12
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 12
ISSASKAR 12
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 12
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 12
DAN 12
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 12
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 13
GAD 13
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 13
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 13
ASER 14
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 14
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 14
NAFTALI 14
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 14
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 14
JOSEF 15
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 15
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 15
BENJAMIN 16
JAKOB SE WOORDE EN EFFEK: 16
MOSES SE WOORDE EN EFFEK: 16
OPSOMMING 16
WAAR PAS EK DAN IN DIE PARADYS, EN HOE LYK DIT VOLGENS DIE PROFETE? 18
ASSIRIE EN DIE KERK IN ASSIRIE. 18
EGIPTE EN DIE KERK IN EGIPTE. 19
EDOM EN DIE KERK IN EDOM. 21
AMMON EN DIE KERK VAN AMMON. 22
MOAB EN DIE MOABIETIESE KERK. 23
FILISTYNSE KERK. 24
HOE LYK TIRUS? 27
DIE KERK IN JERUSALEM 29
DIE GEBIED BABEL 29
SO OM DIE BESKRYWING VAN DIE PARADYS MEE OP TE SOM, VERTEENWOORDIG DIE VOLKE VERSKILLENDE TIPES CHRISTENE. 32
SO WIE GAAN ONS DAAR KRY VOOR DIE DAG VAN OORDEEL GAAN KOM? 33