Is die 40 weke van Daniël se profesie al vervul?

Hoe bewys ek dan dat gedeeltes soos Daniël se sewentig weke reeds vervul is? Ek is bewus daarvan dat baie boeke al oor die wegraping geskryf is en dat persone al hul doktorsgrade verwerf het deur hieroor te skryf. Maar is hierdie leerstelling korrek?

Die wegraping is seker ook een van die leerstellings wat baie Christene gerus maak omdat hulle nie hoef bang te wees dat hulle deur die verdrukking hoef te gaan nie, want die verdrukking is mos net vir Israel en die ongelowiges, of dit is hoe die mense geleer word. Indien ons besef dat ons as Kerk nou Israel geword het, sit ons dus met die probleem dat ons dan ook die verdrukking sal moet deurgaan, en dan raak dinge ‘n bietjie moeilik.

Die hele leer van die wegraping is gebaseer op ’n lering dat ons nou in ‘n genade tyd leef wat inpas tussen weke 69 en 70 van Daniël. Daar is al baie boeke geskryf oor Daniel se sewentig weke, en hoe dit geïnterpreteer moet word. Oor die eerste 69 weke is almal dit min of meer een dat dit al verby is en dat dit dui op die tydperk van die terugkeer uit ballingskap tot en met die koms van Jesus. En dan is daar ook die fiksie skrywers met hulle Left Behind reeks wat baie mense as die waarheid glo, alhoewel hulle self verklaar en pryse ontvang het as fiksie skrywers.

Die laaste week is die een wat skielik so 160 jaar gelede deur ‘n sekere Darby nuwe betekenis aan gegee is, en nou hardloop almal wat nie sterk is in die geloof nie, agter hom aan. Voor hom was daar geen lering oor ‘n wegraping ooit deur die Kerk verkondig nie.Hy was ook die eerste persoon wat weer onderskeid tussen Israel en die Kerk gemaak het. Die lering het gemaak dat mense vandag duisende rande spandeer om na Israel te gaan en vir die Jode probeer namaak deur weer Shabbat te hou net sodat hulle gesien kan word dat hulle deel wil wees van die beweging om weer die tempel in Jerusalem te vestig, en weer allerhande offers in te stel aangesien Jesus nie geslaag het om diereoffers af te stel nie. Die feit dat meeste van vandag se Jode nie kan bewys dat hulle uit die oorspronklike Israel gekoppel kan word nie, word ook deur die mense ontken. Ons lees egter in die geskiedenis van Europa dat seker 90% van vandag se Jode, Ashkenazi Jode is en uit Europa afstam. So hulle is Europeërs en nie gebore Jode of Israeliete nie. Dit is ook hierdie Jode wat Hitler vermoor het, en die wat Luther in sy boek, “On the Jews and their lies”, beskryf het dat die Duitsers hulle sinagoges moet afbrand en ‘n hele klomp ander goed wat nie in hierdie dokument pas nie, en nooit deur enige teoloog aan sy gemeente sal voorhou nie.

Wat baie van die mense nie weet wat in die wegraping glo, is dat die enigste rede dat daar nou skielik 2000+ jaar as genade tyd gegee is, gebaseer is op ‘n lering dat God die Vader en Jesus Christus nie geweet het dat die Jode vir Christus sou verwerp nie. Daar is hoevele geskrifte wat hierdie standpunt huldig. Nou moet ek ook erken dat dit baie moeilik is om vas te stel wat die leer van die wegraping eintlik is, aangesien daar seker net soveel verklarings is as wat daar mense is wat die lering aanhang. Elke leraar van die leer het sy eie interpretasie, en maak baie geld daarmee.

Maar hoe lui Daniël se profesie oor die sewentigste week? “En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.”(Dan 9:27) Hier profeteer Daniël dat in die laaste week, wat eintlik jare is, daar ‘n nuwe verbond gesluit sal word. Wanneer ons na Jesus se bediening kyk, sien ons dat Hy vir drie en ‘n halwe jaar deur Israel gegaan het om die Israeliete te oortuig dat Hy die Christus is, en dat hulle hul moes bekeer en Hom sien vir wie Hy was. Na drie en ‘n half jaar, soos Daniël dit uitdruk, in die middel van die week, is Jesus gekruisig. Ons weet ook dat Jesus die volmaakte offer was en vir die Vader aanvaarbaar was, daarom het die offer soos Daniël dit noem dus ook opgehou, want dit was nie meer nodig nie. Daarna sal Jerusalem verwoes word. Dit word verder bespreek hieronder.

Kom ons behandel die gedeeltes kronologies soos deur Daniël geskryf. Die verbond wat Jesus gesluit het met ons as Nuwe Testamentiese Christene is die sterkste verbond wat daar kan wees, want die verbond is tussen God die Vader en Jesus Sy Seun namens ons gesluit. Ons weet dat Jesus self gesê het dat Hy gekom het om die verbond te vervul, daarom is Hy self geoffer, en daarom is dit die sterkste verbond wat daar kan wees. Mat 5:17“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” So het Hy die verbond met Abraham vervul, wat bepaal het dat mans besny moes word en slegs besnydes nasate van Abraham en daarom erfgename en kinders van God genoem kon word. Ons moet onthou dat die HERE vir Abraham gevra het om Isak te offer, maar deur hom te vra om sy seun te offer, moes die Maker van die verbond dieselfde doen, en dit is hoekom Jesus geoffer moes word. Die eerste verbond moes aanhoudend bevestig word deur offers te bring aan die HERE, en moes alle manspersone besny word op die agste dag. Verder moes die volk tiendes betaal aan die Leviete vir hulle diens by die tempel, en moes alle eerstelinge aan die HERE geoffer word. Die besnydenis en offers was nodig omrede die HERE ‘n vloek op elke eersteling geplaas het met die uittog uit Egipte. So moes Jesus dus self sterf en opstaan uit die dood om as eersteling die vloek van Egipte te verwyder.

Die volgende is ‘n kort opsomming van Daniël se gesig en profesie wat hy van Gabriël ontvang het.

By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.” Daniël 9:23.

1 – “Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal,” (Sien ook Lev 25:9 “Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is”). So die sewentig sewe talle is dus 490 wekewaar een week getel word vir elke jaar.

2 – “om die goddeloosheid te voleindig” Dat gedurende die tyd die goddeloosheid van die HERE se volk sal verdwyn na die uitstorting van die Heilige Gees, waar almal wat die Heilige Gees ontvang ‘n hart van vlees ontvang sodat hulle nie meer goddeloos sal optree nie. Verder sal hulle dus deur die bloed van Jesus vrygekoop word aangesien Hy reeds vir ons sondes gesterf het.

3 – “en om die maat van die sondes vol te maak”. Dat daar ‘n einde sal kom aan die tydperk waar sonde heers oor God se kinders deur die wet, en Jesus die volmaakte offer vir sonde sal wees.

4 – “en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring” Dit is waarvoor Jesus gekom het; om versoening te bring sodat ons Sy geregtigheid kan ontvang wat ons sin word as deel van die Nuwe Verbond, waar ons nie meer gesien word deur ons sonde nie, maar onder die Bloed van Jesus, en dus sonder sonde voor die genadetroon van die Vader kan verskyn.

5 – “en om gesig en profeet te beseël” Om ‘n einde te bring aan al die profesië rondom die eerste koms van Jesus as verlosser.

6 – “en om wat hoogheilig is, te salf.” Jesus moes dus ook gedurende die tydperk gesalf word as Koning, Verlosser, en Profeet.

So dit is alles wat gedurende die 490 weke moes gebeur. Nou begin Gabriël eers met ‘n uiteensetting van wat sal gedurende watter tydperk gebeur.

“Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle;” maw 49 jaar voor die tempel herstel is.

“en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid”. So na die herstel tot en met Jesus sal dit dus 434 jaar wees.(62 x 7)

“En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word”, (so gedurende die 70 ste week) “maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings” Nou gee Gabriël hier te kenne dat Jesus gedurende die sewentigste week uitgeroei sal word, soos vroeër genoem, in die middel van die week sonder dat dit enige voordeel vir Homself inhou en dan ook wat met Jerusalem sal gebeur. Jerusalem sal deur ‘n vors wat sal kom, met ander woorde ‘n vors wat nie gedurende Daniël se tyd ‘n vors was nie, verwoes word, en Jerusalem se einde sal wees soos dit gebeur het, met die leërs wat soos ‘n vloed sal inkom en Jerusalem sal verwoes. Verwys maar gerus na Daniël 11:22, 26 en 40 waar soldate na as ‘n vloed verwys word. “en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings”. Dit is vasbeslote verwoestings wat nooit sal ophou nie, dit is waarom daar tot vandag toe nog aanhoudende oorlog in, oor en om Jerusalem is.

• Dan 9:27 “En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” Hier profeteer Daniël dat in die laaste week daar ‘n nuwe verbond gesluit sal word. Wanneer ons na Jesus se bediening kyk, sien ons dat Hy vir drie en ‘n halwe jaar deur Israel gegaan het om die Israeliete te oortuig dat Hy die Christus is, en dat hulle hul moes bekeer en Hom sien vir wie Hy was. Na drie en ‘n half jaar, soos Daniël dit uitdruk, in die middel van die week, is Jesus gekruisig. Ons weet ook dat Jesus die volmaakte offer was en vir die Vader aanvaarbaar was, daarom het die offer soos Daniël dit noem dus ook opgehou, want dit was nie meer nodig nie. Die verbond wat Jesus gesluit het met ons as Nuwe Testamentiese Christene is die sterkste verbond wat daar kan wees, want die verbond is tussen God die Vader en Jesus Sy Seun namens ons gesluit. Ons weet dat Jesus self gesê het dat Hy gekom het om die verbond te vervul, daarom is Hy self geoffer, en daarom is dit die sterkste verbond wat daar kan wees. Mat 5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” So is die verbond met Abraham vervul, wat bepaal het dat mans besny moes word en slegs besnydes nasate van Abraham en daarom erfgename en kinders van God genoem kon word. Ons moet onthou dat die HERE vir Abraham gevra het om Isak te offer, maar deur hom te vra om sy seun te offer, moes die Maker van die verbond dieselfde doen, en dit is hoekom Jesus geoffer moes word. Die eerste verbond moes aanhoudend bevestig word deur offers te bring aan die HERE, en moes alle manspersone besny word op die agste dag. Verder moes die volk tiendes betaal aan die Leviete vir hulle diens by die tempel, en moes alle eerstelinge aan die HERE geoffer word. Die besnydenis en offers was nodig omrede die HERE ‘n vloek op elke eersteling geplaas het met die uittog uit Egipte. So moes Jesus dus self sterf as eersteling om die vloek van Egipte te verwyder, alle offers te beëindig, en ook die wette rondom die Leviete te volbring. So ons het nie meer nodig om tiendes aan iemand te betaal om namens ons offers aan die HERE te bring nie. Soos die val deur een persoon, Adam, veroorsaak is, so moes dit deur een persoon, Jesus Christus, weer voor betaal word sodat elkeen wat glo vrygespreek kan word.

• Een voorbeeld wat ons reg deur die Bybel kry, is dat die eerste, of menslike besluit, altyd verwerping bewerk het, terwyl die tweede altyd die Goddelike oplossing wys. Soos genoem het, die eerste Adam het die val bewerkstellig, en Christus as die tweede Adam, die verlossing bring. So sien ons dit tussen Kain en Abel, Ismael en Isak, Esau en Jacob, die eerste tablette met die wet wat slegs vir Israel was maar deur hulle verbreek is deur afgodery, en dus die tweede tablette vir ons almal sal geld. So is Saul ook as eerste koning gesalf en aangestel omdat Israel die HERE verwerp het en het hy ook verkeerd gedoen en is deur die HERE onttroon terwyl Dawid as tweede koning gesalf en aangestel is en wat vriend van die HERE was. Al die ander konings na Dawid is deur mense aangestel en nie gesalf en nie een van die hulle is weer deur die HERE gesalf nie. So geld dit ook vir Israel en Kerk vandag, met Israel wat eersteling was en deur die HERE as Sy gesalfde volk geleef het maar Christus verwerp het, en ons as Kerk wat as die volmaakte oplossing van die Vader daar gestel is sodat elkeen wat glo in Christus, gered is en sal word.Die eerste geregtigheid was verkry deur die onderhouding van die wet (En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het. Deut 6:25) en die tweede geregtigheid, Jesus Christus as verbondsoffer. “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. (Rom 10:3-5)Jer 23:6 “In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.”

Baie van die aanhangers van die leer oor die wegraping, wys daarop dat die daaglikse offer eers met die verwoesting van die tempel opgehou het, en dat ons dit eintlik nie kan gebruik as maatstaf nie. Wat hulle vergeet, is dat indien Jesus die Christus was, was dit nie meer nodig om te offer na Sy dood nie, want Hy was die volmaakte offer vir alle offers wat deur Moses voorgeskryf is. Geen offers was meer nodig daarna nie. So indien hulle die verklaring so wil gebruik, verklaar hulle dus dat Jesus nie die Christus was nie, en dat die HERE nog steeds die offers in die tempel aanvaar het.

Daar is ook ‘n ander gedeelte wat vir ons verklaar hoekom Jesus geoffer kon word, en hoekom die Vader spesifiek Jesus se offer raakgesien het en nie die offer wat deur die hoëpriester gebring is die dag van Jesus se kruisiging nie. Toe Jesus deur die hoëpriester ondervra is, het die volgende verhaal hom afgespeel. “Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is? Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!” (Mat 26:61-65) Die klere van die hoëpriester moes van een stuk materiaal gemaak word, sonder dat daar nate aan was.Die klere van die hoëpriester moes van ‘n enkele stuk materiaal gemaak word. “En dit is die klere wat hulle moet maak: ‘n borstas en ‘n skouerkleed en ‘n mantel en ‘n kunstig bewerkte rok, ‘n tulband en ‘n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien. En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem. En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk. Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word. En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.” (Exo 28:4-8) Die hoëpriester kon dus nie met gelapte klere in die tempel gaan om te offer die volgende dag nie, want sy klere was geskeur. So daar was geen manier wat hy voor die HERE kon verskyn sonder om sy klere weer reg te maak nie, maar dit sou nog steeds nate gehad het. Dus kon die Vader nie sy offer aanneem nie omdat hy nie aan die voorskrifte van Moses voldoen het nie, en daarom is Jesus se offer aangeneem, en het die daaglikse offer opgehou. Daaroor ook dat Sy klere nie verdeel is nie, maar dat hulle die lot daaroor gewerp het.

U moet onthou dat Jesus aan die kruis gehang het van die tyd dat die oggend offer geoffer moes word, tot die tyd dat die aandoffer gedoen moes word, of van nege uur in die oggend tot drie uur die middag. Hy is ook buite die laer gekruisig, sodat Hy ook diè offer kon volbring. “Ons het ‘n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie; want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra” (Heb 13:10-13) So het Jesus dus ‘n einde gebring aan alle offers wat deur die hoëpriester en ander Leviete gebring moes word. Hy het dit ook nie in die aardse tempel gedoen nie maar in die hemelse tabernakel. “Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen. En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.” (Heb 9:23-28).

Daarom ook dat die voorhangsel van die tempel geskeur het met Sy dood want ons het nou vrye toegang na die Vader. Dit was dus die einde van die eerste helfte van die sewentigste week, met Jesus se bediening op aarde wat drie en ‘n half jaar geduur het, wat in Daniël se profesie ‘n halwe week was.

Die laaste gedeelte van die week was die tydperk tot en met die gesig wat Petrus gesien het van die onrein diere wat op ‘n laken neergedaal het. “En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom: hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.”(Hand 10:9-15) Dit was weereens drie en ‘n half jaar na Jesus se kruisiging. Gedurende die tyd het die Jode tyd gekry om hulle te bekeer en te erken dat Jesus die Christus was. Met die dood van Stephanus, het die tydperk opgehou, en het die evangelie na ons as heidene gekom. So is Daniël se profesie dus vervul, en het ons as heidene wat glo dat Jesus die Seun van God is en deel van die verbond van geregtigheid geword het, deel van Sy verbondsvolk geword.Ons moet onthou dat die Jode ‘n fisiese koning verwag het om te regeer soos in die dae van Dawid en Saul, maar het nie onthou dat die konings oor hulle geheers het omdat hulle Hom verwerp het nie.: “Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”(1Sa 8:7)

Daniël wys verder dat daar ‘n verwoester sal kom op die vleuels of vlerke van gruwels, en dit sal tot die einde duur. Hier het die Satan as verwoester opgestaan om teen alle vlees oorlog te voer en sodoende te probeer om sy koningkryk uit te brei. Die werke van Satan sal duur tot die einde van die aarde toe.

So het die sewentigste week begin met Jesus se bediening op aarde, en het geëindig met die uit dra van die evangelie aan die heidene. Dit dan die interpretasie van Daniël se sewentigste week asook die bewys dat daar geen wegraping is of sal wees soos dit deur baie persone verkondig word nie. Jesus het self male sonder tal gewaarsku dat ons moet volhard tot die einde toe, en nie verwag om nie deur foltering te gaan nie. In Paulus se tyd was daar ook persone wat nie verstaan het waaroor die evangelie gaan nie. Paulus skryf aan Timótheüs die volgende: “Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is. Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.” (1Ti 1:3-7)

So om saam te vat. Die verbond wat Jesus kom vestig het, was die sterk verbond waarvan Daniël geskryf het, want dit het die vloek van die dood van die eerstelinge verwyder, asook alle offers wat die volk moes bring. Verder het Hy al ons sondeskuld betaal sodat ons vlekkeloos in geregtigheid voor die Vader kan verskyn. So Hy is ons geregtigheid, wat vir ons beteken die reg om voor God te staan sonder skuld, veroordeling en minderwaardigheid. Dit is om in die regte verhouding voor die Skepper te staan, skepsel teenoor Skepper. Dit kan ons slegs doen wanneer ons ‘n oorvloed van die gawe van geregtigheid ontvang. En dit is wat Jesus kom doen het.

‘n Regtige groot probleem wat ek het met die hele leer rondom die wegraping en die wat daarin glo, is dat hulle leer hulle deel maak van die antichris. Die enigste persoon in die Bybel wat direk verwys na die antichris vind ons in die briewe van Johannes. Sy definisie wat ek graag gebruik is as volg: “2Jn 1:7Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel”.Die Jode glo nie dat Jesus die Messias was nie, en dit maak hulle volgens Johannes dus deel van die antichris. Die wegrapers deur hul ondersteuning van die Jode, skaar hulle by die Jode en dus by die antichris.

SLOTSOM

So my standpunt is dat alle mense een maal lewe, en dan sterf. Die wat deel is van die verbond met Jesus en Sy geregtigheid besit, sal in die duisendjarige vrederyk leer hoe om die HERE te dien en ontslae te raak van ons seining van wie gered word, en wie nie. Na die oorwinning oor Satan en sy magte, Gog en Magog, vind die wit troon oordeel plaas, en sal die persone wat oorwin het, saam in die Nuwe Jerusalem lewe. En as dit bevind word dat iemand nie opgeskryf is in die boek van die lewe nie, sal hy in die poel van vuur gewerp word.

Ek wil net ter afsluiting uitwys dat alle mense wat nagmaal gebruik, wel deel word van die verbond aangesien dit die verbondsmaal is. Waar ons almal ons sal bevind na die dood, is ‘n perd van ‘n heel ander kleur.