Die Trein. Watter Eet Salon gebruik u?

Die Trein as Voorbeeld Wat Ons Kan Volg

Inleiding

Ek en Hettie het so ‘n ruk terug die oggend in die bed gelê en praat oor dinge wat ons in ons lewe al beleef het, en het ek vir haar gesê dat die dag toe ek skielik besef het wat die Bybel en Christus se betekenis vir my was, was dit soos om uit een vertrek na ‘n ander vertrek te stap. Alles was dadelik anders. Sy het toe gesê vir haar het dit haar herinner aan haar ritte saam met haar ouers op die trein elke jaar met vakansie. Dan het hulle altyd van Johannesburg na Port Elizabeth toe gegaan, maar haar grootste probleem was om van een wa na ‘n ander te gaan en te sien hoe die grond hier onder jou verby snel en kon jy nie wag om in die volgende wa te wees nie. So dit was hoe sy dit ervaar het dat jy die veiligheid van een wa verruil het en oorgegaan het na die volgende wa, en dan weer na die volgende een totdat jy by die eetsalon uitgekom het.

Toe sy die trein noem het ek skielik ervaar wat sy bedoel het, en het ons verder gegaan en bespreek hoe die trein eintlik as ‘n voorbeeld vir ons kan dien. Die trein het vir my die betekenis gehad dat die mense wat die HERE wil dien moet loskom van dit wat hulle vashou aan waar hulle huidiglik is. So ek weet nie hoe jou lewe huidiglik is nie, maar ons kan so maklik gemaklik raak op die plek waar ons is dat ons nie wil weg beweeg van waar ons nou is nie. Ek weet ‘n mens raak gemaklik op ‘n plek, en dan wil jy daar wortel skiet, maar ongelukkig is Christen wees nie ‘n bestemming nie, maar ‘n reis waar jy op moet gaan om jou te neem vanwaar jy nou is, tot op die plek waar die HERE jou eendag kom haal, en hopelik is jy nog op die trein.

So ek kan nie maar net dink dat ek het nou belydenis van my geloof afgelê het, of in die Pinkster en of Charismatiese tipes gemeente die HERE aangeneem of gedoop is nie, en nou kan die einde maar kom nie. Nee dit is nie wat die boodskap van die Bybel is nie. Die boodskap van die Bybel is baie reguit daaroor dat jy nie kan agteroor sit en dink jy het nou “gearrive” nie, jy is hier om die opdrag van Jesus uit te voer.

Jou opdrag as Christen.

Wat is sy opdrag nou weer? En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Mat 28:18-20)

So ek het al die mag van Jesus gekry wat Hy het, en daarom kan ek sy koninkryk uitbrei deur ander mense sy dissipels te maak. Nou mag jy dalk vir my sê maar daardie krag was net gegee aan die persone waarmee Jesus gepraat het daardie dag en dat ek nie self daardie krag het nie. Of jy kan sê dit was net vir ‘n sekere tyd geldig gewees. My vraag aan jou is dan moes die boodskap van Jesus mos al lankal uitgesterf het, want niemand kon dan meer die verlossings boodskap van Jesus bring nie. Immers ‘n dissipel is iemand wat soos sy meester is, en as Jesus vir ons sê dat Hy alle mag gekry het en nou mense uitstuur om dissipels van Hom te maak, moet almal mos deel in daardie mag wat Jesus het sodat ons Sy opdrag kan uitvoer.

Maar dit is waar seker die grootste probleem in Christenskap begin. Mense glo net nie dat ons al lank voor Jesus se tyd aangestel is om oor die skepping te heers nie. Nou as ons veronderstel is om te heers, het ons mos die krag en die mag nodig wat saam met daardie opdrag gaan. Dit is hoe die Vader dit aan Adam gestel het. “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. (Gén 1:27-28)

Weet u hoe lekker is dit om te weet ek is gemaak om te heers oor die skepping. Dat ek en jy as konings aangestel is om oor die skepping te heers. Daaroor dat Jesus dit weer bevestig wanneer Hy sê dat Hy alle mag gekry het en dat ons mense moet maak wat soos Hy is, met dieselfde mag as wat Jesus het. Want ‘n dissipel is iemand wat sy meester in alle aspekte verteenwoordig. So ek kan nie gaan wegkruip agter iets wat sê ek glo nie dat ek dieselfde mag as Jesus het nie. Nee, ons het Sy mag gekry. Ons is Sy verteenwoordigers.

Ek kan net as voorbeeld iets gebruik wat ek persoonlik gesien het en gedoen het. Ons het op ‘n tydstip direk langs die botaniese tuine in Pretoria gebly, so ons het elke dag dassies gesien wat veral lief was vir een van die plante wat op die rotswal in ons tuin gegroei het, en dan sommer baie voëls wat redelik mens sku is. Ons het vir die vleisetende voëls ‘n bak aan ‘n boom vasgemaak waar ons elke dag vir hulle die been/vleismeel wat ons by die slaghuis gekry het wanneeer hulle hul saag skoongemaak het, vir die voëls gegee en hulle elke dag kom eet het, en ‘n bakkie met sade en mielies vir die graanetende voëls. Maar natuurlik was daar maar ook bye, perdebye en vlieë ook, want hulle het gekom om te kom eet of water te drink. Die een Sondagoggend het ons in die sitkamer gesit met mense waar ek so ‘n bietjie met hulle gedeel het oor hoe ons as Christene moet optree toe daar perdebye by die skuifdeur ingevlieg het. Almal het gekyk en was nogal onrustig oor hulle. Ek het net na hulle gekyk en beveel om uit te gaan en hulle het so gemaak tot almal se verbasing. Net daarna het daar weer ‘n klomp vlieë ingekom en het hulle nie na my geluister nie.

So die mense was nogal verbaas, maar die antwoord was direk uit die Bybel. Die perdebye moes my gehoorsaam want hulle was deel van die skepping met my as hoof. Maar, die vlieë was ‘n plaag in Egipte, en het daarom die reg gehad om nie te luister nie. Toets dit maar self en sien wat gebeur. So het ons van ‘n familie muise wat in die plafon was ontslae geraak en het ek en Hettie albei verbyster gesit nadat ons die vorige aand vir hulle beveel het om te loop toe hulle weer op ons plafon tekere gaan het, en die volgende dag het ons net gesien hoe hierdie hele familie in die wildevy voor die huis se takke klim en so in gelid by die boom afklim om nooit weer gesien te word nie.

Bekering en Geloof

So ons het verseker Jesus se krag en mag, maar dit kos geloof. Indien ek dit enigsins betwyfel of wil sê ek sal probeer en dan wag op die uitkoms om te besluit of dit so is, weet maar jy sal faal. Jy kan nie jou geloof bou op die sienlike nie. Dit is wat Hebreërs 11 ons ook leer. Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. Deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is. Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. (Heb 11:1-6)

Hierdie bring my by die eerste punt wat ek wil maak in die skrywe, en dit is om saam met die HERE in die Nuwe Jerusalem te wees en in oorwinning te lewe, moet ek besluit om op hierdie tog saam met die HERE te begin. So ek moet op die trein klim en besluit om saam te gaan op hierdie tog sonder om te twyfel. Ek kan nie vir jou belowe wat alles gaan gebeur nie, maar ek weet wel wat die bestemming is, en dit is om saam met Jesus te lewe.

‘n Verdere punt wat natuurlik al klaar vir ons ‘n probleem is, is dat ek nie as baba kan besluit om op hierdie trein te klim nie. Daar gaan ‘n tyd kom in elke persoon se lewe waar hy of sy self moet besluit om saam met die trein te gaan. Party kinders wat saam met hulle ouers op die trein geklim het gaan dalk by ‘n stasie afklim van die trein en hulle eie kop volg. Onthou net daar gaan nie weer ‘n trein verby kom om hulle op te tel nie. So jy as ouer gaan instaan vir hulle tot hulle mondig word, maar daarna is hulle op hul eie. Dit is hoe die HERE met Israel opgetree het in die woestyn. Toe die mense besluit het om nie in die beloofde land in te gaan nie, het die HERE die persone van twintig en jonger nie in die woestyn laat omkom nie want hulle kon nog nie besluit het of hulle die HERE wou volg nie. “Daarom het die toorn van die HERE dieselfde dag ontvlam, en Hy het gesweer en gesê: Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie— behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, en Josua, die seun van Nun; want hulle het volhard om die HERE te volg. En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE.” (Núm 32:10-13)

Wanneer ons na Hebreërs 6 kyk, vind ons die volgorde wat duidelik vir ons uitgestippel word om te volg :“Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. (Heb 6:1-2)

So hier vind ons nou alreeds die eerste twee beginsels wat ek uitgelig het. Ek moet besluit om op die trein te klim, bekering, of indien ek saam met my ouers alreeds op hierdie trein is, moet ek besluit of ek daarop wil verder gaan en of ek by die volgende stasie wil afklim, geloof. Party gaan sommer van die bewegende trein afspring en gedood word, terwyl ander weer by die stasie afklim en dan maar aangaan met ‘n lewe sonder die HERE. So daar moet bekering plaasvind, en dan moet ek glo dat hierdie trein my by die eindbestemming sal uitbring waar ek moet wees.

Maar nou vind ons baie mense besluit om wel die HERE te dien, maar is gelukkig waar hulle is en tevrede met hulle omstandighede. Hulle hoor elke jaar dieselfde tipes boodskappe, en is soos iemand wat elke jaar sy eindeksamen skryf, en dan al het hy geslaag, weer deur dieselfde leerproses gaan en geen vordering maak nie. Hulle het hul eie standpunt rondom die volgende vier beginsels, en hulle leermeesters gee maar elke keer dieselfde blikkies kos wat hulle gewoont aan is. Daar is nooit nuwe vars kos nie, want ons wil nie die mense omkrap deur nuwe of vars kos vir die mense te gee nie, want net dalk wil hulle ook van die trein afklim.

Daar gaan dalk elke nou en dan so ‘n bietjie aan hul wortels gepluk word deur iemand wat van ‘n ander gedeelte of ander wa van die trein afkom, maar ons sal dit maar afmaak as iemand wat dalk net wil moeilikheid maak of dalk net die mense wil kom omkrap, want ek het my Kerk so los my uit. Ek onthou as kind hoe my eie ma tekere gegaan het oor my pa se ma en haar tweede man wat deur die AGS gevoed is gedurende die oorlogsjare in die 1940’s, en hoe hulle die ou mense afgerokkel het van hul Kerk waaraan hulle behoort het. Maar ongelukkig het die mense net gedoen wat die Bybel ons leer, en dit is om ons naaste lief te hê. My pa het eers belydenis afgelê na my tweede broer se geboorte, so hy en van die ander kinders het nie juis groot geword in ‘n huis waar die Bybel ‘n groot invloed gehad het nie. Tog op ‘n dag gaan jy dalk besluit om te luister na die persoon en dan skielik vind jy dat die persoon jou kop deurmekaar gemaak het en luister jy nou elke keer wat hy na jou wa toe kom na hom.

Op ‘n dag het jy dalk net genoeg gehoor van hierdie ander persoon en het hy jou oortuig om van jou wa afstand te doen en hom te volg na die volgende wa van die trein. Nou kom ons by die gedeelte wat Hettie so as kind voor bang was, om van die een wa na die ander wa oor te gaan. Ek weet dit is nie ‘n maklike besluit nie, want jy gaan heel moontlik van jou vriende verloor, of selfs van jou familielede gaan nie meer met jou wil vriende wees nie.

Doop en handoplegging

‘n Verdere probleem wat ons mee sit is dat daar eintlik drie waens is waarheen jy kan gaan. Die een persoon gaan vir jou sê dit is baie maklik want al wat jy moet doen is hierdie gebed na sê en dan dra hy jou sommer so van die een wa na die ander. Hier gaan jy vind dat dinge nie regtig verskil nie, net die mense groepeer lekker saam en hou sommer jollie patrollie saam met die wêreld se mense. Hulle sal vir jou vertel dat die doop net iets is wat jy in gehoorsaamheid kan doen, maar dat daar nie ‘n groot rede is hoekom dit gedoen word nie, en nagmaal is sommer net iets wat elke maand gedoen word sonder dat jy enigsins moet kyk of verstaan waaroor nagmaal gaan. En natuurlik is jy nou altyd gered en kan jy maar elke nou en dan doen wat jy wil, selfs wat mense doen wat glad nie op die trein is nie, maar jy hoef nie bekommerd te wees nie, want jy klim maar net weer op die volgende trein en kry jou wa en daar gaan jy weer aan sonder enige gevolge.

Die tweede wa is baie meer streng as die vorige wa. Hulle gaan van jou verwag om self van die een wa na die ander wa te gaan, en dan vind jy jou in hierdie omgewing waar jy ewe skielik baie gaan leer. Hulle gaan vir jou vertel dat meeste van die mense wat jy agter gelos het nie die bestemming van die trein gaan sien nie, en dan volg daar altyd ‘n lys van goed wat jy moet doen, en ‘n lys van goed wat jy nie mag doen nie. Om van die een wa na die ander te gaan is soos Hettie vir my die oggend dit besktyf het, is absoluut ‘n radikale verskil. Jy word gedoop, en nou word jy vertel dat jy moet in tale kan praat en bid, anders is jy nog nie gered nie. So indien jy dit nie kan doen nie, maak jy maar die ander mense na, terwyl indien jy wel vind dat daar ewe skielik woorde uitkom wat jy nie van geweet het nie, voel jy baie goed en is daar verseker niks mee verkeerd nie. Die Bybel is nogal reguit daaroor. Ons lees die volgende in Markus: “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.” (Mar 16:17-20)

Maar nou vind ons dat dié wa en die ander keuse wat jy gehad het nogal baie in gemeen het. Die een is net baie meer ernstig oor wat in Bybel staan as die ander een. Albei gaan vir jou vertel dat jy gedoop moet/kan word, en dan kan mense vir jou hande oplê om die Heilige Gees te ontvang. En by albei van hulle is die spreek in tale van kardinale belang. Partykeer gaan jy vind dat die mense jou sal inlig dat dit dalk ‘n tydjie sal neem, maar soos ek vroeër genoem het, besluit jy dat dit nie gaan gebeur nie en babbel jy maar net saam om nie as ‘n buitestander te voel nie.

Die wa wat baie streng is gaan vir jou baie duidelik uitspel wat van jou verwag word. Daardie lys gaan verseker die volgende bevat: ‘n Christen doen nie die volgende nie: Rook, drink, steel, vloek, en nog baie ander moenies. Die persoon moet hard werk, bid, Bybel lees, dienste bywoon, sy tiende gee, en oor die algemeen net goed wees. Die persoon trou, kry ‘n goeie geleerdheid, ‘n goeie werk, dien die HERE deur Sondagskool, tienerkerk, helper of by wat ookal betrokke te raak. Die persoon maak sy kinders groot, tree af, en gaan dood. Hulle word ook vir ons uitgelig in Jesaja: “Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie. Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word. (Jes 28:8-13)

Dit is wat jy gaan hoor by baie van die kelners wat jou kos vir jou gaan voorsit in die eetsalon. Ons moet onthou dat hierdie mense opgelei is om hierdie boodskap voor te sit, want die hoof chef het dit besluit, saam met al sy afgevaardigers wat baie van die kelners insluit. Party gaan so ‘n bietjie minder streng wees, maar hulle is maar in die minderheid. In vandag se dae vind ons dat hierdie tipe kelners nogal baie minder hierdie beginsels summier gaan voorsit, want hulle hou nogal van die fooitjies wat die mense vir hulle gee. So gaan jy kry dat party van die kelners maar net voorsit wat hul klante wil hê, want dan kan hulle nogal ‘n lekker lewe lei.

Nou kyk ons na die eerste wa se eetsalon en hier vind ons uit dat dit nogal ‘n baie gesellige plek is. Die mense is sommer vriendelik en die kelners meng sommer maklik met die mense in die eetsalon. Hier vind ons dat die kelners nogal daarvan hou om nagereg voor te sit. Dit is mos lekker om net van kos te lewe wat lekker is, veral as dit melk bevat. Nou net nie vir my ‘n groot biefstuk neersit nie want ek dink roomys met aarbeie of sommer net ‘n cuppachino is al wat ek nodig het. Wie wil nou sukkel met ‘n stuk biefstuk as jy kan kies tussen biefstuk en nagereg. Baie van hierdie kelners en kokke gaan vir jou vertel hulle is net opgelei om nageregte voor te sit. Indien jy iets anders wil eet moet jy maar ‘n ander eetsalon gaan soek. Die eetsalon is baie gewild by die mense, want hulle stap daaruit en kan nou lekker voel want hulle is nou soet tot agter die ore. Oor onderwerpe soos doop en nagmaal gaan jy maar min leer in hierdie eetsalon. Hulle gaan vir jou vertel dit is net ‘n stap van gehoorsaamheid maar bevat nie veel waarde vandag nie. So indien jy vleis by hulle gaan kry is dit alreeds vir jou fyn gemaal en hoef jy net te sluk.

Wat ons wel vind van hierdie gedeelte van die nagereg trein en die ouens wat nogal streng is, is dat hulle in die week ook sommer in groepies bymekaar kom, en baie kere sit hierdie kokke beter kos voor as wat jy op ‘n Sondag by die eetsalon gaan kry. Hier kan jy sommer in die persoon se kajuit bietjie kuier, en vertel mense hoe die HERE hulle die week bygestaan het of bederf het, en dikwels is daar ook gebed vir spesifieke mense wat dalk daar is, of vir kennisse van die wat teenwoordig is. Hier kan nogal baie hegte vriendskapsbande gesmee word en voel jy baie keer na so ‘n kuier dat jy nog sommer baie langer kon kuier. Ek weet ons het self vriende wat ons nou al meer as twintig jaar mee vriende is, al het ons mekaar baie lank gelede laas gesien gesels ons nog steeds baie lekker met mekaar.

Maar terug na ons besluit om van die een wa na die ander wa te gaan. Hierdie wa waarheen jy nou wil gaan is nie maklik om na oor te gaan nie. Jy voel onseker oor wat vir jou voorlê want die mense wat jy ken wat al daardie wa gekies het, sien jy dat die ander twee waens se mense nie altyd lekker mee oor die weg kom nie. Hier kom die kelner jou sommer by die deur haal en vertel hy jou hoe belangrik hierdie geleentheid in jou lewe is. Dit is soos toe Israel die aand uit Egipte getrek het. Agter hulle het die Farao en sy soldate aangestorm gekom, en voor hulle was die see. En daar met een beweging van Moses maak die HERE ‘n pad oop vir Israel om deur te trek.

Ek het so ‘n rukkie gelede ‘n stuk gekry wat net vir ons uitgelig het hoe groot daardie gebeurtenis was. So ek het besluit om dit sommer net hier te plaas.

*Wiskunde in die Woestyn!!* *Hierdie is baie waar!*

Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete. In die woestyn moes die Israeliete kos kry, en hoe voed jy *3.5 miljoen* mense? Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die Amerikaanse weermag het Moses omtrent *1500 ton* kos daagliks nodig gehad. ‘n *6km* lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer. Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn. *4000 Ton* hout sou nodig wees per dag en weer ‘n paar goedere treine, elk amper *2 km* lank, om die hout te vervoer. Om te dink, hulle het *40 jaar* in die woestyn getrek. *Wat van water?* Net genoeg vir drink en ‘n bietjie opwas, sou hulle *50 miljoen liter* elke dag nodig gehad het, en ‘n goederetrein met tenkwaens, omtrent *19km* lank, sou nodig wees om water te bring. Daar was net ‘n paar putte in die woestyn. *HOE het hulle genoeg water gekry?* *Nog ‘n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag!* As hulle met ‘n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn *1280km* lank wees en sou dit *35 dae* en nagte neem om deur te gaan. So daar moes ‘n pad deur die rooi see gewees het van amper *5 km* breed sodat *5000 mense* langs mekaar kon stap om in een nag deur te loop. *Nog ‘n probleem, elke nag moes gekamp word.* ‘n Kampterrein van *1200 vk km* was nodig, dit is *40 km* breed en *48 km* lank. *Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek?* Nee, hy was net ‘n gewone man met ‘n onwrikbare geloof in God. *God sou sorg vir alles.* Kom, skep moed, jy met al jou probleme. Raai wat? ….. ons dien dieselfde God! Hy het nog *NOOIT* verander nie, en as Hy al Moses se probleme kon oplos, sal Hy joune ook oplos. *AL wat ons nodig het, is ‘n onwrikbare geloof in God.*

So dit gee vir ons ‘n idee wat die HERE alles moes voorsien aan Israel, maar hulle moes deur die see getrek het. En dit is wat gebeur wanneer ons van die een wa na die ander gaan. Dit is wat die doop beteken. Romeine 6 beskryf dit vir ons baie mooi. “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.” (Rom 6:3-14)

Nou sien ons dat die oomblik toe die Farao en al sy manskappe binne hierdie see is, laat die HERE die water weer terug vloei en verdrink almal in die see. En dit is wat gebeur wanneer ons gedoop word. Die mag van die Satan, Farao word gebreek in die doopwater, en is ons nie meer onder sy mag nie, maar is ons onder die mag van die HERE. Nou sal Hy vir ons voorsien op maniere wat ons nie kan verstaan nie. Dit is wat hier bo uitgebeeld word. Nou druk Paulus dit so mooi uit: Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het,” So nou is ons vry van Satan en is ons onder die heerskappy van die HERE. En dit is een van die groot verskille tussen die wa en die ander twee wa’s waarheen jy kan gaan. Hier neem jy verantwoordelikheid vir wat jy doen, terwyl in die ander twee waens jou kelners die Satan gaan blameer vir goed wat in jou lewe verkeerd gaan. En nou moet ons onthou dat indien ons nog kinders het wat minderjarig is, ek vir hulle moet leer wat is reg en wat is verkeerd en sal die HERE my verantwoordelik hou vir wat hulle verkeerd doen tot met hul mondig wording.

“En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe. En as die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ‘n eed beloof het om jou te gee—groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie—en jy eet en versadig word, neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.” (Deu 6:6-12). Nou moet jy onthou dat alhoewel jou kinders saam met jou gaan, sal hulle ook met mondigwording hulle eie pak moet dra en besluit om die verantwoordelikheid op hulself te neem. So hulle moet ook besluit om van wa te verander, en kan hulle ook besluit na watter wa hulle wil gaan. Dalk klim hulle van die trein af. Daaroor het jy geen beheer nie, behalwe as jy jou plig versuim het om te maak soos Moses vir Israel beveel het om te doen.

Dit klink dalk maklik, maar weereens kan ek net van my eie ondervinding praat. Ons het vriende gehad waarvan die man nog nie gedoop was nie. Hulle het ons gevra om hulle ‘n bietjie te help met die opening van hul slaghuis en het toe ook sommer vir my seun werk aangebied as slagter. Ons sou die Sondag saam met hulle na die diens toe gaan waar hy dan gedoop sou word, maar is net die Vrydag meegedeel dat ons moet pak want hy vat ons terug want hy gaan nie aan met die doop nie. Voor die gebeure het hy my skrywes gelees, maar toe hy sien dat hy moet pa staan vir sy vrou se kinders en sy kinders tot mondigwording, het hy kleinkoppie getrek en ons huistoe gevat. Hy het net daar en dan sy vrou, wat ons toe al baie jare geken het en bygestaan het deur ‘n egskeiding waar haar man die ontroue een was, verbied om weer enige kontak met ons te hê en moes ons maar ons seun so ‘n paar weke later gaan haal want hy het die net onmoontlik gemaak dat ons seun daar kon werk.

So hier sien ons dat om oor te gaan van die een wa na die ander wa is ook nie altyd maklik nie, want jy verander van eienaar, en kom daar ook ‘n baie groot verantwoordelikheid mee saam.

Nou vind ons dat die opset rondom die eetsalon ook bietjie anderste werk. Daar is wel kelners wat jou kan bedien, maar hulle hou daarvan om jou op te lei sodat jy self vir jou kan kos maak. Dit stem nogal saam met wat die HERE met Israel in die woestyn gedoen het, waar elke huisgesin moes sorg dat hulle net genoeg kos bymekaar gemaak het vir ‘n dag behalwe vir die dag voor die sabbat waar hulle vir twee dae moes kos bymekaar maak. En nou vind ons uit dat Paulus dieselfde riglyne gee vir die gemeente in Korinte. “Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1Ko 14:26-33)

So nou vind ons dat die HERE wil dat ons elkeen alles kan leer. Ja, daar sal mense wees wat net die basiese beginsels sal kan leer en nie noodwendig as sjef gaan optree nie, maar onthou net dat jou lewe so moet wees dat ander begerig sal wees om soos jy te kan lewe.

Dit is immers wat Jesus ook vir ons leer. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.” (Joh 16:13-15) “Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here! Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring. (Mat 13:47-52)

So nou dat ons die doop verstaan kan ons aangaan na die volgende stap wat ons leer in Hebreërs 6, naamlik die oplegging van hande. Daar is sover ek kon vasstel net twee gebruike daarvoor wat in die Bybel vir ons uitgelig word. Die eerste een lees ons van waar Paulus aan Timoteus skrywe: Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande. Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2Ti 1:6-7) So ek ontvang gawes van die HERE deur die oplegging van hande van iemand wat die HERE ken en dien. Om die gawes na te speur kan ek ‘n hele hoofstuk kwoteer, maar ek dink dit is makliker om self 1 Korintiërs 12 te gaan lees, en dan sommer terwyl jy besig is, ook hoofstuk 13 om agter te kom watter liefde die HERE hiervan praat. Ek is lief om die hoofstuk ‘n gedeelte van te gebruik wanneer ek mense trou, en dan vir die man of vrou vra om hulle naam in die plek van liefde te gebruik. Ek het net daardie paar verse hier aangehaal, maar kyk bietjie hoe jy moet lewe deur die woord liefde, met jou naam of ek te vervang, en dan by elke komma, jou naam in te voeg. “Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.” (1Ko 13:4-6)

Die tweede gebruik gaan oor gesondmaking waar ons leer dat indien daar iemand siek is, moet ons die persoon salf met olie, wat handoplegging is, en dan vir die persoon bid vir gesondmaking. Ek het vroeër uit Markus die gedeelte ook gekwoteer: “op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Nou wil ek baie vinnig hier inspring en waarsku dat jy nie moet dink dat die HERE nou vir jou moet genees nie. Ekself is al deur hoeveel mense uitgeroep om voor gebid te word aangesien ek aan ‘n redelike raar kanker lei wat ek seker al simptome vir meer as vyftig jaar het, en het al vier keer onder die mes deurgeloop en chemo gekry, maar ek weet net soos die medici dat daar nie ‘n kans is om heeltemal daarvan ontslae te raak nie, maar dat dit ‘n kroniese siekte is. Dieselfde kanker het Steve Jobs van Apple faam en Aretha Franklin se lewe gekos. So gaan sien jou dokter dat hulle jou kan behandel, want die HERE gebruik ook hulle om te genees. So sien ons selfs dat Hikia moes medisyne gebruik: “En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid. Verder sê Jesaja: Bring ‘n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword.” (2Kn 20:6-7).

Ek het hier probeer om net so ‘n paar verskillende lerings aan te haal. Daar is verseker baie meer, en dan kan ons nie elke een afsonderlik plaas nie, so daar kan baie oorvleueling wees tussen die drie groepe. Die meerderheid sal of die eerste of die tweede wa se pad volg, maar die derde wa is maar min en en mense is skrikkerig om die roete te volg aangesien dit baie van hulle lerings bevraagteken en verkeerd bewys.

Die laaste twee lerings – Opstanding van die dooies en ewige oordeel

Een van die lerings wat verseker verkeerd bewys word deur die wat die derde keuse gemaak het waar doop ‘n baie groot rol in speel, is die wat te doen het met die laaste twee lerings volgens Hebreërs ses vers twee. en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.”

In die eerste twee waens kan mense nie wag vir die “wegraping” nie en party mense lewe net daarvoor. Hulle het Daniël se laaste week en Openbaring bymekaar gebring en volg almal maar Darby en Scofield se lerings oor die verskillende dispensasies. Nou waar hulle aan die goed gekom het sal net hulle weet, aangesien ek nêrens ‘n verwysing kry waar enige van die Apostels of Dissipels die benaming gebruik het nie.

Dit is maar gebaseer daarop dat net die dele van die Bybel wat hulle sê figuurlik gebruik kan word, figuurlik gebruik kan word, en ander gedeeltes weer net fisies moet gebeur. Dan vertel hulle sulke leuens soos dat Jesus nooit vir die Jode van sy tyd, die Fariseers en Sadduseers gesê het dat Hy die Messias was nie, en daarom het hulle nie geweet wie Hy was nie. So verwag hulle ook net soos in Jesus se dae dat Jesus moet fisies kom regeer in Jerusalem, en moet Esegiël se tempel fisies gebou word, en dan volg alles so een op die ander gebeurtenis in Openbaring in volgorde plaas na die wegraping. Gedurende die duisend jaar wat Jesus glo in Jerusalem gaan regeer, gaan ons met ons vingers speel in die hemel en het ons glad geen deel aan die belonings wat wag vir die wat deel van die verbond geword het nie. Die verbond is ook slegs vir die Jode geldig volgens party van die mense, en ons as vreemdelinge het niks daarmee te doen nie.

My eerste vraag wat ek maar vir mense vra wat die lering aanhang is dan moet daar siektes in die Nuwe Jerusalem en in Esegiël se tempel wees, so in die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde, aangesien die laaste hoofstuk wat beskryf hoe mooi Jerusalem gaan wees die volgende sê in Openbaring 22 vers 2: “In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.” Esegiël se weergawe van die eindtyd stel dit as volg: En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal ‘n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom. (Esg 47:8-9)

Sodra hulle begin klei trap om antwoorde vir die vrae te gee, weet jy hulle is nou regtig uitgeboul. Hulle lerings is dan juis dat jy nie eers op aarde moet siek wees nie, so wat nou nog van in die hiernamals. Maar dit is wat gebeur wanneer jy mense se lerings aanhang en nie die wat in die Bybel is nie. Wanneer ons kyk na Jesaja se eerste 35 hoofstukke vertel hy ook hoe die HERE gaan oordeel tussen mense en wat ons kan verwag, net soos Esegiël vir ons ‘n heenwyser is hoe die profete van die Ou Testament die opstanding van die dooies en die ewige oordeel gesien het, en Johannes dit gesien het nadat die Kerk ook vreemdelinge ingesluit het. Die gedeelte wat almal na toe hardloop om te sê dat jy moet gesond wees ander het jy nie geloof nie, kom uit Jesaja en ek haal aan: “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jes 53:5) Die siekte wat hier van gepraat word is die ewige dood, waaraan ek en jy aan ly, en ons word daarvan genees die dag wanneer ek en jy deel word van die verbond. Dan het die dood geen mag oor jou nie, tensy jy natuurlik self besluit om weer terug te draai na jou lewe voor Jesus. Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6)

So dit is waar die groot verskil inkom tussen watter wa u kies om in te wees. In die eerste twee wat ek genoem het nadat u uit die oorspronklike wa na die volgende wa gegaan het, gaan u vind dat meeste van die kere gaan die mense na die eetsalon om daar hul voedsel te kry, is tevrede met wat hulle kry, en bevraagteken nie sommer wat hulle eet nie. Daar is ‘n soort van ‘n hiërargie waar die hoofsjef besluit wat op die spyskaart sal verskyn, en die ander sjefs val maar in by wat hy vir hulle sê om te doen.

By die derde wa sal u vind dat u dalk sommer ook gevra kan word om die spyskaart op te stel, die kos voor te berei,en dan ook as kelner moet optree. Hier vind u uit dat dit nogal lekker is aangesien almal saam die spyskaart bespreek, en talle mense vorentoe kom en vra of hulle nie self kan kos voorberei nie. So vind u uit dat mense selfs na die Treindrywer toe gaan en vra wat ons vorentoe op die pad kan verwag en ons nie bang hoef te wees vir Hom nie. Hy sal dalk ook sommer vir jou ‘n voorgereg of ‘n stuk vleis gee en vra dat u dit sal voorberei en bedien vir die mense. Hy sal u ook wys waar daar maklike trajek versteurings kan voorkom, en hoe maklik indien u dalk self graag so ‘n bietjie in beheer wil wees, hoe om te onderskei tussen die regte en die verkeerde spoor om te vat. Hier sien ons ook wat die gedeelte beteken in Hebreërs hoofstuk vyf wat die gedeelte waarna ons nou na gekyk het, vooraf gaan. “En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron. So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs— Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek; waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor. Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. (Heb 5:4-14)

Watter wa kies u?

So nou vind ons uit wat die verskil is. Al hierdie punte wat ek bespreek het is melk en nie vleis nie. Nou hoef u nie te wag tot na u dood om eers te leer wat werklike vleisgeregte is nie, maar neem die trein u direk na Jerusalem. Al die ander waens het ander bestemmings, maar gelukkig is hul almal in die Paradys. Maar waar u gaan wees is wat die verskil maak. So sal u uitvind dat die mense wat nooit deur die regte doopwater gegaan het nie, in Egipte of dalk Assirië gaan wees. Dan gaan ons uitvind dat die Joodse geloof in Edom opeindig, en dan raak dinge moeilik. Jesus vertel juis in Jesaja wat met die mense sal gebeur: “Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos. Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap? Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het. Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom. En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun. En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop. Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede. Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle ‘n Heiland geword. In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd. Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry. Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?” (Jes 63:1-11)

Hier vind ons dat hierdie mense glad nie vir Jesus, ons Offerlam, gesien het dat Hy die Ou Verbond kom afsluit het en ‘n Nuwe Verbond begin het nie, en daarom het Hy die oordeel self gedoen en verwag Hy nie dat enige van die ander volke Hom moet help nie. So nou vind ons uit dat daar meer as een eindbestemming vir u trein is. Indien u nie in Jerusalem opeindig nie, sal u deur die proses moet gaan wat beide Miga en Jesaja vir ons skilder Jesaja se weergawe is in hoofstuk twee, maar ek haal Miga s’n aan wat net so ‘n bietjie meer vleis aan die einde van die gesig sit. Hy spandeer ‘n hele hoostuk om dit vir ons duidelik te maak. Verse twee en drie is woordeliks wat in Jesaja voorkom: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek. Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het. Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ‘n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ‘n magtige nasie. En die HERE sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid. En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem. Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar? Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom—dáár sal jy gered word, dáár sal die HERE jou verlos uit die hand van jou vyande. En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion. Maar hulle ken nie die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer. Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die HERE toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse aarde.” (Mig 4:1-13)

Ek het ook maar ‘n boek moes skryf oor hoe die Paradys daar uitsien, waar ek so ‘n bietjie uitwy oor elke gebied, en watter mense waar gaan opeindig. 

Nou sal u sien dat u hele lewe bestaan uit keuses wat u moet maak. En die keuses word vir ons baie mooi bespreek in Esegiël hoofstuk agtien. Ek het die hele hoofstuk hier vir u ingesluit sodat u kan sien dat indien u nooit die keuse maak om u lewe prys te gee nie, u nie op enige van die waens of treine sal wees nie. “Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie. Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe. Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen; nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie, en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek; nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man; in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE. En het hy ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen— terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie—as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig, die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen, op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom. Maar kyk, as hy ‘n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het—dit sien en sulke dinge nie doen nie: nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met ‘n kleed toedek die wat naak is, sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel—hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe. Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is, sy broer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie goed is nie—kyk, hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe. Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring—hy sal sekerlik lewe! Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees. Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe. Het Ek dan miskien ‘n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie? Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen—sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe. Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie? As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy. En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen—hy sal sy siel in die lewe behou; hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie? Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie. Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel? Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.(Esg 18:1-32)

So hierdie hoofstuk bewys net Calvyn se uitverkiesingsleer as ‘n mensgemaakte leerstelling uit wat geen waarheid bevat nie. Dit is ongelukkig so, maar gelukkig indien u sy leer aanhang, gaan u darem in Egipte op eindig, en kan u gaan leer in Jerusalem hoekom u daar geëindig het. En dit gebeur met elke persoon. So is al die oordele wat ons van lees in Openbaring alreeds besig om in u lewe af te speel, daarom dat indien u nou reeds op aarde die regte keuses gemaak het en op die regte trein gebly het, die gedeelte in Esegiël en Openbaring oor die water wat gesond maak, reeds vandag al beskikbaar is. Dit is waarvan Jesus in Johannes sewe van gepraat het: “En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie? Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek. Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie. Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring? Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring? Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal. Daarom het Moses julle die besnydenis gegee—nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders—en op die sabbat besny julle ‘n mens. As ‘n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek ‘n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het? Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel. Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie? En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is? En hierdie man—ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie. Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie. Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het. Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie. Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het? Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem. Toe sê Jesus vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het. Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie. En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie? Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie? En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet. Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?” (Joh 7:15-41)

Ongelukkig is daar ook in Esegiël vir ons twee gedeeltes wat nogal moeilik is om te ignoreer, en dit is seker een van die grootste redes hoekom ek skryf. “En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. (Esg 33:7-9)

En hier kom ons aan die einde van ons rit op hierdie trein. Ek weet in watter wa ek myself bevind, en ek hoop dat u nou dalk sal sien in watter wa u is, en indien moontlik, van wa kan verander om so in Jerusalem op te eindig, en lewende water voort te bring wat genesing bring aan mense in ‘n krom en skewe wêreld. Dit is my bede vir u. Ek weet net ek het gehoor gegee aan die oproep van die HERE in Esegiël, en weet dat ek u wel gewaarsku het as leser.

U kan die bok hier aflaai : Die Trein