Volg u dalk u Kerk groepering blindelings in die manier van glo? Is u seker dat u saam met Jesus in die hemelse Jerusalem sal wees? Glo u dat elke word wat u prediker uiter gedurende sy of haar preek die werklikheid is soos wat dit bedoel was en gebruik was in die skrifgedeelte? Of sit u maar net op u gekose sitplek elke Sondag vir die afgelope weet nie hoeveel jare nie. En dan is die boodskap dalk net ‘n aanpassing van ‘n boodskap wat al vroeër gehoor het. Het u al ooit gewonder of vrae gevra oor die besluite van die kerkraad, of die “bestuur” van u gemeente? So om dit nou mooi en reguit te stel gaan u die diens bywoon Sondag sodat u net dalk iets nuuts gaan hoor, of dalk sal dit u inspireer om die week se druk te kan hanteer, net sodat u weer na die volgende diens kan uitsien om weer woema te kry vir die week wat dan weer voor lê.
Of dalk sit u in een van hierdie nuwerwetse mega gemeentes wat u voel of u in die sewende hemel is na die lofprysing en aanbidding gedeelte waar u s lekker u self kon genie ten voete stamp en selfs ‘n danspassie sou waag, om nie te vergeet van die uitstekende ligte en klank vertoning wat deel was van die “show” nie. En nou kan u rustig terug sit in ‘n gemaklike sitplek om nou u dosis voel goed medisyne te kry vir die week. En dan natuurlik moet u mense saam nooi sodat hulle ook hierdie ondervinding kan mee maak en aan die einde van die diens na voor kan gaan en voor gebid kan word sodat hulle nou verseker gered is, al het hulle nie geweet dat hulle verlore was nie. Nou is hul saak reg en kan hulle maar weer aangaan met hulle lewe soos elke ander dag. O ja, nou is e kook “gered” van die hel, want dit is waaroor Sondag se “sondaars gebed” mos gegaan het.
Dit is seker hoe 90% van mense lewe wat sê hulle is geredde Christene. U ken al die regte versies vir elke lokval wat u dalk mag teëkom. Wanneer u gevra word om u standpunt te verdedig antwoord u dalk dat u nie geskool is om die regte antwoord vir die vraag te kan beantwoord nie, of hulle sal die saak moet ondersoek voordat hulle ‘n antwoord kan gee.
So kan u maar net aangaan soos die skrywer in die boek aan die Hebreërs skryf dat hulle van melk leef en nie vaste voedsel kan verorber nie: “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.” (Heb 5:12-14)
So kan u die daarop volgende twee verse aan persone verduidelik sonder ‘n Bybel in u hand, of dalk sonder om u leraar betrokke te kry nie. “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.” (Heb 6:1-2)
Hierdie is van die vrae wat ek probeer beantwoord in hierdie boek. Vrae soos wat was Calvyn se eintlike leer? Nie hoe ons dit vandag interpreteer met sy bekende “TULIP” verduideliking van vandag nie waar u skielik uitvind dat daar van die beginsels is wat u nie meer saamstem nie, en nou skielik verklaar u dat u dalk net ‘n twee of drie punt Calvinis is. U is of ‘n vyf punt Calvinis of ‘n geen punt Calvinis. U kan nie net omdat u met een standpunt saamstem nou ‘n een punt Calvinis wees nie.
Dan beloer ek ook maar ander kerkvaders soos Luther en bespreek ook sy goeie en ook slegte punte. Gelukkig weet ek dat die HERE elkeen sal gebruik wat homself of haarself as werktuig verklaar kan gebruik, al is daar partykeer goed wat nie heeltemal reg is nie. Maar dit gaan maar oor keuses wat ek in my lewe gemaak het.
Ek kyk ook na goed soos die “Left Behind” reeks boeke wat seker 60% van die Christelike Sioniste glo as die waarheid, ten spyte van die feit dat die skrywers self die boeke as fiksie uitmaak en dat die eerste boek as die beste Christelike fiksie boek van die eeu mee bekroon is. Hulle het nooit enige pryse gekry vir verklarende werke nie. Dan kyk ek ook maar oor ons hedendaagse Christelike leiers wat deur sovele gemeentes gevolg word en groot veranderings in ons opset as gemeentes gehad het.
Ek sluit dan af met wat ek glo die boodskap was wat deur die dissipels en apostels verkondig is en gebruik spesifiek Petrus se verduideliking. Hy is immers die persoon wat Jesus verklaar het Hy Sy Kerk op sal bou.
U kan die boek aflaai; https://shama.org.za/wp/wp-content/uploads/2024/10/Oor-Struikelblokke-en-hoekstene.pdf
Inhoudsopgawe – Oor Struikelblokke en Hoekstene 3
Hoofstuk 1 6
Tekste oor struikelblokke 7
Maar hoekom is daar struikelblokke? 9
Fisiese struikelblokke 11
Die gedeelte kom uit hoofstuk 10 van die brief van Barnabas: 12
Wat is die betekenis van die hoofstuk? 13
Verdere struikelblokke 15
Aan Éfese 17
Verskuilde struikelblokke: Voorbeeld of skadu? Wat is wat? 20
Herstel van die tempel in opdrag van die Roomse keiser 26
Hoofstuk 2 28
En nou kan ons aanbeweeg na die tydperk tot en met die reformasie. 28
Die struikelblokke – Eerstens die Jode as nasie 29
Jode – Nasie of Kerkgroep? 29
Maar hoe nou gemaak met ander mense van ander nasies? 33
Die Jode in Handelinge 39
Inleiding 39
Nou die skrifgedeeltes 39
Hoofstuk 3 48
Nou kan ons kom by die volgende struikelblok, die reformasie. 48
95 stellings 31 Oktober 1571 Augsburg in Wikipedia, die vrye ensiklopedie. 48
Die eerste 25 van die 95 stellings in Latyn, wat in 1522 deur Melchior Lotter in Wittenberg gedruk is. 48
Luther se struikelblokke. 54
Hoofstuk 4 58
Calvyn 58
nou kom ons by sy bekende “TULIP” leerstelling, wat ek net vinnig gaan aanraak. 58
Opsomming 60
Calvyn se persoonlike lewe 65
Calvin believed that Jewish people were impious, dishonest, lacked common sense, were greedy, and should die without pity. 66
Hoofstuk 5 68
Opsomming oor die Roomse Kerk en die Reformasie beweging 68
Calvyn se probleme is daar baie oorgeskryf, maar ek sal dit net in opsomming hier deel. 73
Miguel Servet, Calvin 73
Calvinist Atrocities 74
Hoofstuk 6 77
Die positiewe van die reformasie 77
Die Eerste Muur – Die Gesag Van Die Kerk 77
Die Tweede Muur – Die Geleerdes 79
Die Derde Muur – Die Interpretasie Van Die Bybel 79
Hoofstuk 7 82
Die negentiende eeu 82
Hoofstuk 8 87
En nou kom ons by die Hoeksteen. 87
Die hoeksteen 88
“Rick Warren Partnering With Mosques To Teach That God And Allah Are The Same 88
Wie is dan die verkeerde Jesus? 93
Wat behels hierdie verbond? 93
Stappe van verbond 95
Hoofstuk 9 100
Petrus as rots van die Kerk 100
Maar wat is Petrus se lerings? 100
Maar wat het dit beteken dat Jesus moes sterf en toe weer opstaan? 103
Samevatting van die gedeelte 107
Hoofstuk 10 109
Die sewe deugde van die mees suksesvolste Christenne-Gebaseer op die 2de brief van Petrus 109
Die antwoorde 110
Die deugde 111
Hoofstuk 11 116
Slotsom 116
Die driehoekslering 119
Maar wat is ‘n dienskneg leier? Hoe dien God ons? 121
Daar is twee fundamentele punte wat handel oor die mense wat Hy lei, en dan vyf dade wat hierdie geloof prakties in aksie laat oorgaan. 122
Donations / Donasies 123
Gratis Afrikaanse boeke 124
Wie is ons? 124
Addendum 1 – CI Scofield 127
The GOSPEL TRUTH 127
THE STORY OF SCOFIELD’S LIFE 128
CYRUS I. SCHOFIELD IN THE ROLE OF A CONGREGATIONAL MINISTER 132
SCOFIELD NOTES ANSWERED by CHARLES GILBERT WESTON 139
SCOFIELD’S BASIC ERRORS 142
A FINAL WORD 152
DANIEL’S 70 WEEKS 152
THE REAL ISRAEL: The Teaching of Romans 11 by CHARLES GILBERT WESTON 156
ORIGIN OF SCOFIELD HERESIES by EMMA MOORE WESTON 163
C.I. Scofield: Father of the Heresy of Christian Zionism By Kevin A. Lehmann on in Christian Theology 170