Die Boek Van Moses

Die naam van die boek kom al baie jare saam met my. In my ouerhuis was dit die gewoonte dat wanneer ‘n persoon iets kontroversieel sou sê, en die persoon sy stelling uit die Skrif moes bewys, het ons altyd na Moses X vers X verwys indien ons nie dadelik op die vers kon kom nie. Die X’se is dan vervang met wat jy ook al aan gedink het. So was Moses 1 vers 3 altyd “moenie worry nie”. Ek het Moses dus ‘n bietjie aangepas om verkillende onderwerpe te behandel.

So waaroor handel die boek dan? Ek wil graag na sekere vrae wat ek as Christen het, kyk, nie soseer om altyd ‘n definitiewe antwoord daarop te gee nie, maar om die Woord van God te ondersoek, en dat die Woord die vraag beantwoord. Nie almal gaan altyd hou van wat hulle lees nie, maar dit sal slegs deur die Woord beantwoord word. As rigsnoer word Handelinge 17 verse 11 en 12 gebruik.  “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.”

Paulus het ook die voorbeeld van Israel se tog uit Egipte voorgehou vir die mense in Korinte. Hy skryf as volg: “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.(Rigters19-21) En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” (1Kor 10:1-13)

Dan was daar natuurlik my eie vrae wat ek gehad het nadat ek die woorde gehoor het: Jy het kanker en ongelukkig kon ons nie alles verwyder nie. Ek wou so graag seker maak dat ek saam met Jesus in die hemel sou wees, maar geen iemand waarmee ek gepraat het of die antwoord by gesoek het nie, kon vir my ‘n bevreegde antwoord kon gee nie, en het ek toe maar besluit om te luister na die Heiloige Gees en alles neerskryf wat ek gehoor het. Nou na 28 jaar het ek daardie sekerheid en kan ek dit met ander persone deel. Dit het my die sekerheid gegee, en jy moet maar self besluit of dit vir jou daardie sekerheid sal gee.

Die hele boek is gebaseer op die belofte aan Abraham dat hy die vader van alle gelowiges sal wees en dat in hom elke persoon geseën sal wees. So ek kyk na die verbond wat die HERE met Abraham aangegaan het, hoe Jesus die voorskrifte nagekom het sodat ons in geregtigheid met God die Vader, Jesus ons verlosser en die Heilige Gees kan wandel.

Hier dan die boek van Moses.

In PDF vir jou rekenaar of om uit te druk        Die boek van Moses

Of epub vir jou foon of tablet    Die Boek van Moses