Openbaring 22 se waterstrome en gebruike

Het u al ooit gewonder oor die verklaring van lewende water in die Bybel? Daar word soveel keer na water verwys en waar water aangewend word dat ‘n mens partykeer nogal kan wonder oor die gebruike van water.

Jesus se woorde: Hy wat in My glo, strome van lewende water sal uit hom uitvloei.

Esegiël se water en tabernakel – water wat stadig begin maar dan al hoe meer word en dan selfs die dooie see lewendig maak. So ons is Sy tempel op aarde en dit is wat gebeur. Wanneer een iets doen is dit min, maar soos die effek op mense lewens begin wys, word al hoe meer mense daardeur beïnvloed en later net nog meer en meer.

Openbaring 22 se water van die Nuwe Jerusalem wys dat water sal altyd vrug dra. So Sy Woord sal op die regte tyd aanhoudend vrugte dra, daar sal genesing in mense se lewens geskied.

U kan die PDF weergawe hier aflaai   Openbaring 22

En die epub vir u foon of tablet hier   Openbaring 22