Is Egipte in die Hemel?

31 Augustus 1995.

Sjoe. Ek weet nie wat is fout vandag nie, maar ek het nogal baie seer? Waar?” vra Hettie. “Net hier in my regter sy, ek en draai om en loop na Su-Hannie se kamer.

My meisie, toe jy in Mei die probleem gehad het met jou blindederm, waar was dit orals seer, want ek wil nou nie snaaks wees nie, maar miskien het my ou derm ook besluit om tou op te gooi.

Net hier so links voor my heup”, antwoord sy. Maar hoekom vra pa?

Man ek het wakker geword met hierdie vreeslike pyn, en sienende dat ek nog met my blindederm rondloop en ek nie jou probleem opgetel het as tiener nie, dink ek dat my liggaam nou eers agter gekom dat hy al 30 jaar terug my kon kasty het, en nou wil hy opmaak daarvoor.

So het die oggend maar aangegaan en het ek gelukkig vir my eers ‘n kliënt in Pretoria gesien voor ek die pad na die kantoor in Rivonia aangepak het. Alles het soos normaal verloop, behalwe vir hierdie pyn in die regterkant van my buik.

So het ek maar later die oggend vir Hettie geskakel sodat sy ‘n afspraak by die dokter kon maak vir later die middag, dat ek net kon uitvind wat die oorsaak van die pyn was.

Daar aangekom teen 5 uur die middag, was die voorlopige diagnose dan ook akute blindederm ontsteking, en het ek my tassie gaan pak om hospitaal toe te gaan sodat die chirurg my kon inpas tussen al sy ander gevalle die aand en die oorsaak uithaal en my so verlos van een baie groot seer.

By die hospitaal aangekom is ek amper dadelik op na die vloer waar al die operasie sale is, en het ek daar in die gang gelê en wag vir die dokter om gou ‘n draai by my te maak.

Vir ‘n epub van die boek kan u dit hier aflaai: Is Egipte in die Hemel

Vir ‘n pdf formaat van die boek kan u dit hier aflaai: Is Egipte in die Hemel